advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/06/04

Sinus tagikardie

Hi Doc.

Ek het weer so 'n paar dae "time share" in Unitas gehad. Ek was Maandag by my GP omdat die LANOXIN en CARDICOR wat ek telefonies by Kardioloog gekry het, nie my HR af bring nie. My HR het van die dag van my operasie tot nou toe nog nooit gestabiliseer nie en my BP is laag, ek voel swak en moeg en spiere is lam. Kry palputasies as ek entjies stap. GP het EKG gedoen:

Twave abnormalities
...iets van Ischemia
Sinus tachycardia: 132
...iets van ventricular contractions

maar dit het GP bekommerd genoeg gehad om my na Kardio (Dr Blomerus) toe te stuur.

Om 'n lang storie kort te knip: Ek sit met 'n permanente "sinus tachycardia" van 120-140 slae per minuut. Hulle het my pols gemonitor terwyl ek diep slaap: 90-120

Kardio het stress EKG gedoen. Rustende HR is 130+ en BP het begin op 100/70 en na 4 min. was pols 150 en BP 140/90. Ek het pyn in my bors gekry en die tredmil is gestop, maar dis moeilik om te beskryf of dit bors pyn was of sternum, want ek moes behoorlik hang aan die tredmil. Sonar is gedoen en daar is slegs geringe Mitraal inkompetensie en als lyk nog goed.

Blommetjie het my toe na EP Spesialis in Hart Hospitaal verwys. EP is van mening dat daar 'n senuwee in my hart (tydens operasie) beskadig is en dat ek lewenslank 'n sinus tagikardie gaan he a.g.v. daarvan.

Nou vir die vraag: Daar is blykbaar net 1 medikasie wat my HR sal stabiliseer en so hou en dis iets wat nog nie in die Medici uitgereik is nie en slegs in Europa beskikbaar is: COROLAN.

Ek is nou tydelik op CONCOR en FLORINEF gesit en EP het motivering vir Mediese raad geskryf sodat ek op die lys geregistreer kan word en die medikasie oor 1 maand kan begin gebruik.

Die alternatief is 'n "PACE MAKER", maar ek het 2007, toe hy die Ablasie gedoen het al verduidelik dis nie vir my 'n opsie nie.

Het Doc al van die COROLAN gehoor? Dit als klink amper onwerklik....

Baie dankie, soos altyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Nee ken dit glad nie - maar hier is die package insert: www.servier.com.au/pdf/Corolan_CMI.pdf
Vaderland, dit wil ook nie end kry nie! Jy is seker al baie moedeloos! Hoekom is 'n pasaangeer nie 'n opsie nie?
Dink baie aan jou - sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Cornel | 2008/06/06

Hi Lala,

Ek het nou al baie van die pasaangeer-besigheid gehoor en gelees en as ek ouer was sou ek dit dalk oorweeg het, maar ek is 32 jaar oud en sjoe, ek dink dis makliker om met 'n sinus tachy rond te loop as die komplikasies van 'n pasaangeer.

My Oom is Jan. 2008 oorlede aan Hartversaking. Hy was 'n ER dokter in Pretoria en 'n Kardioloog het sy pasaangeer se battery geruil en tydens die prosedure is sy hartspier so beskadig dat hy vir 'n hartoorplanting moes wag en op die ou end is hy dood.

My Oom het my genoeg vertel van sy lewe met sy Pasaangeer dat ek besluit het ek wil nie daardie roete stap nie.

Reply to Cornel
Posted by: Lala | 2008/06/05

Hi Cornel

Ek het al geskryf oor my skoonma wat ook 'n mitraalklep vervaniging gehad het laasjaar. Terwyl sy nog in die hospitaal was het sy met dieselfde as jy gesukkel en toe het hulle vir haar 'n draagbare aangeer gegee en net voor sy ontslaan is het hulle al die permanente pasaangeer ingesit. Behalwe dat sy nie gereeld stap nie (sy vertel vir ons sy doen ) gaan dit verder baie goed met haar.

Reply to Lala

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement