advertisement
Question
Posted by: Tessa | 2010/04/08

Sinus hoofpyn/menstruasie

Hallo Dr,

Ek wil asb. weet of daar ''n verband is tussen ''n erge sinus hoofpyn +- 1 week voor ek moet begin menstrueer? Ek kom hierdie patroon nou al ''n geruime tyd agter maar is nie seker nie. Ek het weer laas week ''n erge sinus hoofpyn gehad en het toe vandag begin menstrueer.

Ek wil asb. ook weet of daar eninge kossoorte is wat in hierdie tyd dan vermy moet word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Tessa,

Daar is ‘n verband tussen ‘sinus hoofpyn’ en hormoon-verbante hoofpyn. Eerstens, is ‘sinus hoofpyn’ baie raar, en in die groot meerderheid mense wat gediagnoseer is met ‘sinus hoofpyn’ is die diagnose verkeerd. Dit is die hoofpyn wat die sinus simptome veroorsaak, nie die sinuse wat die hoofpyn veroorsaak. Die verband bet menstruasie is dat die hormoonvlakke daal net voor menstruasie, en dit kan ‘n sneller wees vir hoofpyn, en dit is wat die sinus simptome veroorsaak.

Sekere kossoorte ka nook snellers wees, maar net in 20% van pasiente, en die kossort wat die sneller is is ook nie die oorsaak van die hoofpyn. Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: HILDA | 2010/07/26

Ek het ''n aanhoudende hoofpyn agter soos dit erger raak gaan dit bietjie oor na my slape maar is grotendeels agter maar nie in my nek nie dit is net ''n hoofpyn nie stywe nek of iets anders behalwe dit ewige hoofpyn agter.

Reply to HILDA
Posted by: petro@rosendorff.co.za | 2010/07/13

Ek wil weet of daar ''n pyn pil is wat gebruik kan word wanneer jy migrain kry as menstrueer. Ek is op ''n voorbehoed pil. Ek was al op die inspuiting dat ek glad nie moet menstrueer nie, maar elke keer as dit naby daai tyd raak kry ek migrain. Wanneer ek verkeerd eet en ek kry migrain dan help zomig wat ek onder my tong sit. Maar nie in die geval as ek menstrueer nie. Is daar enige medikasie wat ek kan kry wat spesifiek help vir migrain tydens menstruasie?

Reply to petro@rosendorff.co.za
Posted by: Headache expert | 2010/04/09

Beste Tessa,

Daar is ‘n verband tussen ‘sinus hoofpyn’ en hormoon-verbante hoofpyn. Eerstens, is ‘sinus hoofpyn’ baie raar, en in die groot meerderheid mense wat gediagnoseer is met ‘sinus hoofpyn’ is die diagnose verkeerd. Dit is die hoofpyn wat die sinus simptome veroorsaak, nie die sinuse wat die hoofpyn veroorsaak. Die verband bet menstruasie is dat die hormoonvlakke daal net voor menstruasie, en dit kan ‘n sneller wees vir hoofpyn, en dit is wat die sinus simptome veroorsaak.

Sekere kossoorte ka nook snellers wees, maar net in 20% van pasiente, en die kossort wat die sneller is is ook nie die oorsaak van die hoofpyn. Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

Reply to Headache expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.