advertisement
Question
Posted by: carien | 2011/10/21

sinus

My man drink die afgelope 10-12 jaar adco dol om verligting te kry van sinusitis. Die dosis van 2 is nou al tot 6 en partymaal 8 op een slag 2 tot 3 maal per dag. Hy rook 25 - 30 sigarette ''n dag. Hy is nou 70 jaar oud en redelik aan die gang. Is daar iets anders wat hy kan gebruik? Hy gebruik ook Iliadin om sy neus oop te kry tot 6 maal perdag. Hy raak partymaal sommer so in die geselskap aan die slaap. Kan u help asb?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Carien

Ek stel voor dat jou man 'n oor-, neus- en keelspesialis vir 'n ondersoek en behandeling van sy kroniese sinusitis konsulteer. Rook vererger die sinusitis. Die rede dat hy in geselskap aan die slaap raak, hou verband met slaap apnee. Vra die spesialis om vas te stel of daar wel slaap apnee teenwoordig is. 'n Slaap apnee toets is pynloos en die pasient word geevalueer terwyl hy slaap.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement