advertisement
Question
Posted by: Willem | 2009/07/20

Sinus

Hi Dr,
Sukkel bietjie met my sinus die afgelope week. Het verlede week Dinsdag opgetsaan met ' n geweldige toe neus wat loop. My keel het na so twee/drie dae ook seer geraak.
Ek dokter myself die afgelope week met Clarrinese (ek is nogal geneig tot rinitus), Advil CS (om die neus op te droog), Viral Gaurd en gorrel Betadine (die jodium werk nogal goed) vir die keel. My keel is nou piekfyn, maar die sinus storie is nog soortvan dieselfde. Dit voel egter of die drukking oor my sinus holtes bietjie bietjie minder is, alhoewel my neus loop nog en is baie toe - ek blaas dit eerder gereeld as om te sluk... Die afskeiding is redelik dik en geel. Ek het ook geen erge koos of iets nie. Voel net bietjie dikkop en " dom" ! Ek wil graag die ding (indien moontlik) sonder antibiotika wen, want my imuunstelsel is redelik laag na ' n groot operasie vroeer vanjaar en langtermyn (6 maande) medikasie (Zentel 400mg). Ek wil ook nie die Advil CS te lank gebruik nie...

Baie dankie
Willem

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willem
Los die advil CS - dit maak die slym dik en taai. Spoel jou sinusse met soutwater - maak aan 1 koppie lou water ( gekook afgekoel verkies) met 1/2 teelepel sout in - snuif op en blaas uit tot die water skoon uitkom. As jou neus baie toe is, spuit eers Drixine of Illeadin neussproei om dit oop te kry voor jy snuif. Gaan voort met die Viral guard - jy kan dalk ook bietjie Echinacea by gebruik ( Bioforce produk by jou apteek)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement