advertisement
Question
Posted by: Karien Potgieter | 2011/05/15

Sinumax Allergy en Drixine

My man gebruik nou al vir ''n paar jaar die bogenoemde medikasie maar dit word net erger. Hy wil nou na ''n homeopaat toe gaan. Is daar enige operasie wat die sinusse kan verbeter? Hy het dit ''n paar jaar gelede laat doen maar dit is maar weer terug.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Karien Potgieter

Jou man se medikasie wat hy gebruik, is waarskynlik die grootste oorsaak van sy nasale klagtes. Die langtermyn gebruik van die Drixine, beskadig die belyning van die neus, en dit kan permanent van aard wees. Dit is die rede hoekom hy dalk voel die operasie was nie suksesvol nie. Die toestand wat ontstaan heet 'Rhinitis Medikamentosum', en die skade is permanent.
Hy moet onmiddellik 'n ONK spasialis sien om te kyk of die skade nie al permanent is nie. Homeopatie speel hier geen rol nie. As die probleem opgeklaar is, sal hy waarskynlik chronies op medikasie moet wees om dit te beheer.

Die ONK mag besluit dat hy 'n RT skandering van die sinusse benodig om te evalueer aangaande chirurgie, maar dit lyk of hy permanent medikasie sal benodig. Dit moet egter van so 'n aard wees dat daar nie langtermyn skade is nie.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement