advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2009/03/19

Simptome

Hi Doc,

Hoop dit gaan nog goed met Doc :)

Ek voel nie lekker nie. Dis al hoe ek dit kan beskryf. Die afgelope week staan ek in die oggende op met ' n aritmie (erger as normaalweg) wat later die dag vanself weg gaan. Ek eet gebalanseerd (All Bran in die oggende, later ' n Yogurt, middagete is normaalweg proteine en min stysel). Medikasie wat ek neem is net die 20mg Lasix, in die oggende en sommige dae later die middag weer 20mg Lasix. Elke dag, in die omgewing van 2 uur die middag ervaar ek die volgende: erge moegheid/spiere lam, lyfseer, koorserigheid en hartkloppings. Dit duur voort tot ek gaan slaap. Die volgende oggend net die aritmie, maar ek voel nie siek nie. En so gaan dit aan.

Ek het nie ' n baie stressvolle werksdag nie (P.A. vir Direkteure), maar dit voel of my " battery"  net werk tot 2 uur...

Doen ek iets verkeerd? Maak dit enigsins sin?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Lasix can lae kalium vlakke veroorsaak en mens moet baie keer slow K saam drink - laat doen 'n UKE bloedtoets om te kyk? Die koorsigheid pas egter nie in nie - het jy geneem met 'n koorspennetjie? Was jy in 'n malaria gebied? As jou temp verhoog is moet jy ook laat jou dokter kyk vir 'n onderliggende virus /bakteriele infeksie ( iets soos endokarditis is in jou geval 'n risiko!) Laat weet my wat die bloede sê?
Sien ook http://www.healthscout.com/ency/68/72/main.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement