advertisement
Question
Posted by: Gogga | 2011/11/05

Siekte

Beste Dr Anrich
Ek sit midde in ''n netelige probleem. Ek ken ''n ouerige persoon (man, +/- 61 jaar oud) wat glad nie gesond is nie. Het die afgelope tyd baie gewig verloor (ongeveer 500g) per week. Hy is baie moeg en afgerem en het nou ook ''n gelerige kleur in die oog witte asook vel aangeneem. Aangesien die persoon en sy familie nie op ''n mediese fonds is nie is hulle aangewese op die staatshospitale. Ek en my familie het finansiele bystand aangebied maar is nie aanvaar nie. Hul was vir bloedtoetse, sonars en sou vir ''n skandering gaan (tunnel scanner) maar was stukkend. Die staatshospitaal het hom huis toe gestuur en gese as hy baie sleg voel moet hy terug kom. Ek het navorsing op die internet gedoen en daar kan soveel oorsake wees dat ek te bang is om verder te lees. My kop se daar is iets ernstigs fout, hulle klou vas aan die volgende datum wat hulle moet gaan vir ''n opvolg. Raad asseblief.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Die geelsug toon op lewerversaking en indien hy sleg voel moet hy spoedig die hospitaal vir behandeling konsulteer. Afhangende van wat die diagnose is, kan hy gehelp word om beter te voel. Soos jy weet, is daar vele oorsake vir lewerversaking en baie daarvan is omkeerbaar met die korrekte mediese behandeling.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement