advertisement
Question
Posted by: Rynhard | 2012/05/07

Siek kind

Hi dokter

Ek is wat jy sal noem n gatvol raadop ouer, my dogtertjie word volgende maand drie, maar die probleem is sy is altyd siek dis regtig die een keelinfeksie het net opgeklaar dan is dit weer die maag en so gaan dit net aan en die dokters behandel elke keer net die simtome. Wat ek wil weet is daar nie n onderliggende probleem wat al die dinge veroorsaak nie. Haar geskiedenis kortliks sy het yster anemia gehad sy het behandeling gekry daarvoor huidiglik is die yster stabiel maar haar hb is hoog 15. Hulle het haar vir meckell scans gestuur en dit was negatief ons het n okulte bloed in die stoelgang laat toets negatief sy is vir cieliac siekte getoets negatief daar is n heamaglobien elektroforese toets gedoen die dokter het gese sy is fine. Maar wat my hinder is dat sy so baie siek word laas jaar was dit oor die dertig keer en sy was drie keer opgeneem met maagaandoenings onder andere rotavirus, en die jaar gaan dit nie veel beter nie. Het dokter nie asb vir my n bietjie raad nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rynhard

Ek stel voor dat julle haar na 'n goeie pediater neem, aangesien daar nie veel is wat ek kan voorstel nie. Jy kan haar dieet met vitamiene vir kinders aanvul. Kinders ontgroei gewoonlik siektes, so dit mag wees dat sy oor 'n jaar twee baie beter is, soos haar natuurlike weerstand ontwikkel.

Sterkte




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Racoon | 2012/05/09

Pos dit eerder op die Paediatrician se blad. Hy is is uitstekend en antwoord nog dieselfde dag.

Reply to Racoon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement