advertisement
Question
Posted by: Lin | 2011-10-18

Shakes

Ek het ongeveer 5 kg wat ek wil verloor. Ek oorweeg dit om ''n shake soos Vitaslim s''n te begin drink. Hoe veilig en goed is dit vir my as ek twee van my etes daarmee vervang? Ek eet nie ''n baie gebalanseerde dieet nie (eet nie rooivleis of stysel nie) - sal dit dalk my help om gewig te verloor en die nodige nutriente in te kry as my dieet as volg lyk:

Ontbyt: Ontbytkos of hawermout
Vrug
Middagete: Shake
Vrug
Aandete: Shake

Ek oefen ook daagliks - ek doen ''n draf/loopsessie vir 40min, 10 min op die elliptical trainer en 10 min op die roeimasjien (elke tweede dag ook gewigte).

Watter shake sal jy voorstel?

Ek sal jou advies hieroor baie waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lin
Ek het ongelukkig nie die lys van bestanddele wat in Vitaslim skommel gebruik word nie. Jy sal egter self kan oordeel of dit sal help met verslanking. Kyk of een porsie (met of sonder lae-vet melk) nie meer as 2100 kJ verskaf nie. Dit is 1/3 van die daaglikse energiebehoefte vir 'n volwasse vrou wat wil verslank. Indien een porsie meer energie as dit bevat, is dit nie 'n maaltydvervanger vir verslanking nie. Kyk ook of dit nie meer as 1/3 van die daaglikse vitamien- en mineraalbehoeftes verskaf nie. Baie van die verslankingskommels en ook sportskommels bevat tot 300% van die Aanbevole Dieettoelae (ADT) vir volwassenes per porsie. Dit is nie 'n goeie idee nie, aangesien oormatige inname van sommige van die voedingstowwe, negatiewe effekte kan hê. Laastens behoort so 'n skommel nie allerhande bykomstige bestanddele wat kamstig verslanking sal aanhelp (bv. energie-opkikkers, aptytonderdrukkers, lakseermiddels, ontwateringsmiddels, soos bitter lemoenekstrak, guarana, efedrien, ens), te bevat nie, omdat sulke bestanddele potensieel gevaarlik kan wees. Ek is nie eintlik ten gunste van sulke verslankingskommels nie en sal voorstel dat enigiemand wat gewig wil verloor, liewer 'n gebalanseerde dieet en daaglikse oefening behoort te gebruik, maar indien jy nie 'n gebalanseerde dieet eet nie dan kan jou voorgestelde dieet met die skommels moontlik vir jou meer voedingstowwe verskaf as jou gewone dieet. Byvoorbeeld - Indien jy net hawermout vir ontbyt eet sonder enige melk of jogurt, sal jy waarskynlik 'n kalsiumgebrek ontwikkel. Jy behoort dus met die vervanging van 2 maaltye per dag deur 'n gebalanseerde skommel en al daardie oefening, wel die 5 kg te verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-10-18

Beste Lin
Ek het ongelukkig nie die lys van bestanddele wat in Vitaslim skommel gebruik word nie. Jy sal egter self kan oordeel of dit sal help met verslanking. Kyk of een porsie (met of sonder lae-vet melk) nie meer as 2100 kJ verskaf nie. Dit is 1/3 van die daaglikse energiebehoefte vir 'n volwasse vrou wat wil verslank. Indien een porsie meer energie as dit bevat, is dit nie 'n maaltydvervanger vir verslanking nie. Kyk ook of dit nie meer as 1/3 van die daaglikse vitamien- en mineraalbehoeftes verskaf nie. Baie van die verslankingskommels en ook sportskommels bevat tot 300% van die Aanbevole Dieettoelae (ADT) vir volwassenes per porsie. Dit is nie 'n goeie idee nie, aangesien oormatige inname van sommige van die voedingstowwe, negatiewe effekte kan hê. Laastens behoort so 'n skommel nie allerhande bykomstige bestanddele wat kamstig verslanking sal aanhelp (bv. energie-opkikkers, aptytonderdrukkers, lakseermiddels, ontwateringsmiddels, soos bitter lemoenekstrak, guarana, efedrien, ens), te bevat nie, omdat sulke bestanddele potensieel gevaarlik kan wees. Ek is nie eintlik ten gunste van sulke verslankingskommels nie en sal voorstel dat enigiemand wat gewig wil verloor, liewer 'n gebalanseerde dieet en daaglikse oefening behoort te gebruik, maar indien jy nie 'n gebalanseerde dieet eet nie dan kan jou voorgestelde dieet met die skommels moontlik vir jou meer voedingstowwe verskaf as jou gewone dieet. Byvoorbeeld - Indien jy net hawermout vir ontbyt eet sonder enige melk of jogurt, sal jy waarskynlik 'n kalsiumgebrek ontwikkel. Jy behoort dus met die vervanging van 2 maaltye per dag deur 'n gebalanseerde skommel en al daardie oefening, wel die 5 kg te verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.