advertisement
Question
Posted by: HELP MY DRINGEND ASB | 2009/01/22

SEUNTJIE AMPER 3, BAIE SIEK

Hallo dr, my seuntjie het Saterdag begin kla dat hy eina agter het, ek het gekyk en hyt nie brandboude nie, hyt gesê  dis binne eina, ons het saterdag aand apteek toe gegaan en gedink dit kan wurms wees, hulle het vir ons wurmgoed gegee en iets vir constipation, Sondag was hy nog glad nie beter nie, gaan Maandag dr en sy sien dat hy bietjie rooi voor op die penis se tippie is, syt nie eers by boude agter gekyk nie. Sy gee vir ons Salterpyn, en sulke sakkie goed vir constipation en Prozef, Dinsdag aand was ons by die hosp en hulle gee vir hom salfie vir penis en probiotic (wat hy nie wil kou nie), en gister skree hy weer van die pyn en slaan homself voor op sy penis, ek het my kind nog nooit voorheen so gesien nie. My huis dr het scopex gegee vir maagkrampe wat hy glad nie wil drink nie, en hyt ook gesê  ons moet pasop dat dit nie sy blindederm is nie...ek weet nie wat om te doen nie. ek het gevra vir iets wat hom sal laat slaap
net sodat hy nie so pyn het nie!! Hulle het setpille gegee wat ook nie eers werk nie. Wat moet ek volgende doen?????

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Help my dringend
Bel 'n pediater - en vertrou op jou instinkte. Iets word dalk gemis en iemand moet 'n rektale ondersoek doen om te kyk of daar iets by die boudjie fout is. As sy magie geswel is moet hulle ook 'n buik x/straal doen en bloede om te kyk of sy witbloedsel telling hoog is, sodat hulle blindederm ontsteking kan uitskakel.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Lala | 2009/01/22

Sandra

Kry die nommer van ' n pediater in julle area en vra vir ' n noodafspraak. Hulle spesialiseer in kinders en sal beslis die beste na hom kan omsien.

Reply to Lala
Posted by: Sandra | 2009/01/22

Ek smeek al van die begin af vir scans!! Nie eers die hospitaal wou dit doen nie. Dit maak my woedend!

Reply to Sandra
Posted by: Johan | 2009/01/22

Gaan sien ' n internis! Die ouens kan jou " scan"  en op ' n rekenaar skerm sien wat binne aangaan!
Sterkte

Reply to Johan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement