advertisement
Question
Posted by: Elmarie | 2012-05-15

Seun van 7 het kliere op dikderm

Beste Dr.

My seuntjie is tans 7 en was laas week in die hospitaal opgeneem waar die neruloog bloed getrek het en ook ''n kleurstof in sy blaas gespuit het. Daar is ook klomp sonars en plate geneem, maar hy kon niks vind nie. Met dit tot gevolg het hy my verwys na die pediater. Sy het weer sonars laat doen waar hul toe ontdek dat daar kliere in sy dikderm is wat die pyn kan veroorsaak. Met die het hy ''n enema ontvang. Die volgende oggend is hy weer vir ''n sonar en plate. Hul sê  toe vir my hy sal moet ''n kolonoskopie ontvang. Dit was vreeslik dramaties want dit was nie onder narkose gedoen nie. Na die vloë istof ingespuit is moes hy weer plate neem die derm was vreeslik verstop. Hy was toe badkamer toe en daar het wel vreeslik baie gemors uitgekom. Hul het toe weer plate geneem en die derm het beter gelyk, maar nog nie skoon. Hy is toe kortizoon gegee wat glo help dat die kliere sal verklein. Ek is baie bekommerd oor die kliere. Is dit normaal of moet ek gaan vir ''n 2de opinie by ''n Chirurg. Ek wil hom nie weer in sulke pyn sien nie, maar bid net dat hy nie weer deur sulke hel hoef te gaan nie. Dr. se kennis en insette sal ek vreeslik waardeer.

Vriendelike Groete
Elmarie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Elmarie

Ek is nie seker wat die vergrote kliere om die derm kon veroorsaak nie. 'n Virale infeksie is 'n algemene oorsaak van vergroting van die kliere om die derm. Dit kan baie pynlik wees. Die kortisoon behandeling, sal beslis help om die vergrote kliere te normaliseer. Indien sy toestand nie verbeter nie, kan jy 'n tweede opinie by 'n algemene sjirurg kry.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement