advertisement
Question
Posted by: Elmarie | 2011/08/31

Seun van 7

Ons seuntjie van 7 is groot gebou. Pappa is so 2 meter lank en regtig groot. Seker maar pappa se gene ge erf. Wat is die gewig wat ons seun moet weeg. Op die oomblik weeg hy 35kg en hy sê  al die kinders se hy''s vet. Hy''t regtig fris bene vir ''n 7 jarige. Ek wil voorsorg tref voor jy oorgewig raak

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Elmarie
Volgens internasionale tabelle, weeg 7-jarige seuns gemiddeld 22 kg en is 117 cm lank. Indien jy vir my sy lengte in cm kan stuur (pos 'n nuwe boodskap asb), dan kan ek vir jou bereken of jou seun oorgewig is, al dan nie. Indien hy wel oorgewig is (en dit is moontlik as hy 13 kg meer as die gemiddelde weeg), dan sal ek aanraai dat julle 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit is altyd raadsaam dat verslankingsdiëte vir jong kinders deur 'n dieetkundige uitgewerk word aangesien hulle voorsiening moet maak vir die normale groei van sulke kinders terwyl hulle gewig verloor. Fisiese aktiwiteit is ook uiters belangrik om oorgewig kinders te help om gewig te verloor. Hulle behoort ten minste 30 min elke dag aërobiese oefening te doen (bv. flink stap, draf, touspring, swem, fietsry, aan sport deelneem).
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/08/31

Beste Elmarie
Volgens internasionale tabelle, weeg 7-jarige seuns gemiddeld 22 kg en is 117 cm lank. Indien jy vir my sy lengte in cm kan stuur (pos 'n nuwe boodskap asb), dan kan ek vir jou bereken of jou seun oorgewig is, al dan nie. Indien hy wel oorgewig is (en dit is moontlik as hy 13 kg meer as die gemiddelde weeg), dan sal ek aanraai dat julle 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit is altyd raadsaam dat verslankingsdiëte vir jong kinders deur 'n dieetkundige uitgewerk word aangesien hulle voorsiening moet maak vir die normale groei van sulke kinders terwyl hulle gewig verloor. Fisiese aktiwiteit is ook uiters belangrik om oorgewig kinders te help om gewig te verloor. Hulle behoort ten minste 30 min elke dag aërobiese oefening te doen (bv. flink stap, draf, touspring, swem, fietsry, aan sport deelneem).
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.