advertisement
Question
Posted by: Besorgde Ma | 2012/10/15

Seun van 5

More,
My seuntjie is amper 5 jaar oud. Hy lyk nie op die oog af oorgewig nie. Maar as ek vir hom klere koop is die broek groote 8-9jaar en hemp 9-10jaar. In beide my en my man se familie is daar groot been strukture en oorgewig. Maar hy het nie besondese groot struktuur nie. Is daar dalk ''n eetplan waarop ek sommer ons hele gesin kan sit om bietjie voorsorg te tref?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Besorgde Ma
Indien jou seuntjie van 5 jaar alreeds klere vir 8-9 jarige kinders en selfs 10-jarige kinders dra, dan is dit baie moontlik dat hy wel oorgewig is ten spyte van die groot been struktuur van die familie. Mens kan nie net 'n klein kind op 'n dieet sit nie, aangesien dit steeds belangrik is dat klein kinders gebalanseerd eet en al die nodig voedingstowwe inkry wat hulle nodig het vir normale groei en goeie gesondheid. Ek sal sterk aanraai dat jy die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met 'n gebalanseerde, lae-vet verslankingsdieet vir jou seun en ook vir die res van die gesin. Verder is dit belangrik dat jong kinders so aktief as moontlik moet wees. Moedig jou kind aan om aan sport deel te neem, fiets te ry, te swem, tou te spring, en neem self deel, indien nodig, om hom te onderskraag.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/10/16

Beste Besorgde Ma
Indien jou seuntjie van 5 jaar alreeds klere vir 8-9 jarige kinders en selfs 10-jarige kinders dra, dan is dit baie moontlik dat hy wel oorgewig is ten spyte van die groot been struktuur van die familie. Mens kan nie net 'n klein kind op 'n dieet sit nie, aangesien dit steeds belangrik is dat klein kinders gebalanseerd eet en al die nodig voedingstowwe inkry wat hulle nodig het vir normale groei en goeie gesondheid. Ek sal sterk aanraai dat jy die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za besoek en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met 'n gebalanseerde, lae-vet verslankingsdieet vir jou seun en ook vir die res van die gesin. Verder is dit belangrik dat jong kinders so aktief as moontlik moet wees. Moedig jou kind aan om aan sport deel te neem, fiets te ry, te swem, tou te spring, en neem self deel, indien nodig, om hom te onderskraag.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.