advertisement
Question
Posted by: Griet | 2008/09/08

Seun met hoofpyn

Dagsê  Doc
My seun 17 jaar oud ly erg aan hoofpyne. Hy kry migraines met tye dat hy braak daarvan. Hy was so 4 jaar terug by ' n neuroloog en hy het hom behandel met pur-bloka. Ek moet erken hy drink nie die pille gereeld nie, want dit lyk nie of dit werklik werk nie, hy kry steeds die hoofpyne. Hy het tans seker nou al vir 3 weke aaneen hoofpyn met tye bietjie minder seer, maar heeltyd is daar pyn. Ek gee vir hom stilpayne, maar dit help nie. Hy kla ook dat hy skielik nie goed kan sien in die klas nie - gaan Donderdag sy oë  laat toets. Hy sê  veral as hy vooroor buk of iets druk soos om ' n bottel oop te maak of so is dit baie seer. Sou u aanbeveel dat hy weer Neuroloog toe gaan of het u enige ander raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Griet
Kinders word nie eintlik met migraine medisyne behandel nie, maar hy is al groot genoeg om "volwasse" medisyne te begin gebruik. Ek dink 'n herevaluasie deur 'n neuroloog is 'n goeie idee, mens moet probeer om die oorsaak van die hoofpyn te vind en te behandel. Vra sommer jou tandarts om te kyk of hy skeef byt op sy tande, en 'n evaluasie deur 'n fisioterapeut om te kyk vir chroniese bo-rug spierspasma kan ook baie waardevol wees. Dis nogal belangrik dat hulle reg eet, migraine triggers soos sjokolade, kaas en sitrusvrugte vermy, en ook gereeld eet want lae bloedsuiker trigger ook migraine.
Rooi vlaggies by kopseer is die volgende:
'n hoofpyn wat geleidelik al hoe erger word
hoofpyn wat jou snags wakker maak
hoofpyn wat "anders" is as jou gewone hoofpyn
ander simptome by soos swakheid in arms of bene, verlamming in die gesig, visie verlies
hoofpyn wat gepaard gaan met stywe nek en braking/naarheid
hoofpyn en konvulsies (stuipe)
Lees meer op http://www.mayoclinic.com/health/chronic-daily-headaches/DS00646
Hoop jy kom reg!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement