advertisement
Question
Posted by: CARNA HOLTZHAUSEN | 2012/10/29

seromonas

More Dr!
Ek is opsoek na raad!
Ek het Januarie maand hierdie jaar my borste laat kleiner maak by die Kloof Hospitaal in Pretoria. Dr Schalk van Heerden het my geopereer. Die operasie het soooo baie gekos. Voordat ek nog my steke moes laat uithaal ... terwyl my wonde nog toe was het dit baie begin brand was bloedrooi en het geswel. Ek het na my plaaslike dokter gegaan sy het dit verbind en skoon gemaak. Sy het vir my gese dat dit nie goed lyk nie. Daarna is ek terug na Dr Schalk van Heerden toe in die Kloof om my steke uit te haal. Hy het vir my gevra of maak my wonde altyd so.... ek het net vir hom gese nee. Ek kon nie verstaan hoekom hy vir my die vraag vra nie. Hy het ''n laboratorium toets weggestuur. Ek is terug Wolmaransstad toe waar ek bly, en my huisdokter het my later die week meegedeel dat ek die hospitaalkiem " seromonas"  opgedoen het. Ek het 7 reekse antibiotika gehad. Waarvan die laaste een was om ''n antibiotika swam dood te maak. die swamme het nou na byna 11 maande .. lyk my weggegaan, maar my maag is heeltemal in sy glorie in. Die onkoste nadat my borste se koste al sooooo hoog was is belaglik! Nou gaan ek dalk nog ''n operasie kry om my maag reg te kry!
DR SCHALK VAN HEERDEN het nie veel van ''n saak nie.
Ek was hierdie jaar nou al vir hoeveel toetse en by hoeveel specialiste ... alles kos geld!!
Hoe moet ek maak?
C Holtzhausen

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Carna

Ek is so jammer om van al die probleme te verneem. Pseudomonas is 'n bakterie wat gewoonlik in die hospitaal opgedoen word. Dit is 'n baie weerstandige infeksie en sal veral skade doen aan sagte weefsel (soos in jou geval). Konsulteer jou dokter om vas te stel of die hospitaal 'n verhoogde insidensie van pseudomonas het. Bespreek jou geval met die hospitaal bestuurder.

Sterkte en groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement