advertisement
Question
Posted by: Marine | 2011/04/22

Sere op bene - lyk soos spinnekop byt

My 13-jarige dogter het sere op haar bene wat lyk asof dit spinnekop bytplekke kan wees. Dit het begin met ''n rooi geswelde merkie wat soos ''n muskietbyt gelyk het. Later het dit ''n blasie gevorm wat stukkend gegaan het en nou ''n seer gemaak het wat rooi rondom is met ''n donkerige kolletjie in die middel. Die grootste seer is omtrent die grootte van ''n R2-stuk, maar daar is ook kleineres en van hulle wat in die verskillende stadiums is wat ek beskryf het. Sy kla dat vreeslik brand en jeuk. ''n Suster het Macropen 500mg voorgeskryf en voorgestel dat ek Fucidin opsmeer en dit toeplak. Sy gebruik die medikasie van Woendagmiddag 20 April af, maar dit lyk asof van die merke groter word en dit jeuk en brand steeds erg. Gee raad asseblief!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Marine

Dit is heel waarskynlik 'n staph velinfeksie. Jy sal 'n dokter vir 'n bloedtoets en mikroskopiese ontleding en kultuur van die etterige afskeiding van die wond moet konsulteer. Na hierdie toetse behoort 'n kursus sterk antibiotika die probleem op te los.

Groete

Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement