advertisement
Question
Posted by: bekommerd | 2010/04/05

sere onder borste

Beste dokter,
Ek het ''n tyd gelede gevra ivm die rooi uitslag onder my borste. Dok het gese ek moet voetpoeier probeer. Vir die laaste paar weke het ek getrou gewas daar, baie droog gehou, voetpoeier gegooi, later oorgeslaan na allerhande salfies, oa bactroban. Dit word egter net erger - dis nou al basies soos opgehewe sere waaruit daar vog kom. Ek is nou bang dat dit dalk kanker is, en wil nie eers vir my man daarvan vertel nie. Wat kan ek doen? IS dit dalk iets ernstig, of is dit maar nog steeds net agv hite en die gewig van die borste wat veroorsaak dat dit gedurig basies op my lyf hang? Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dit is beslis nie kanker nie en moontlik 'n swam infeksie onder die borslyn. Dit is kenmerkend rooi, opgehewe en jeukerig. Ek stel voor dat jy 'n anti-swam middel soos Apor room (oor die toonbank beskikbaar) gebruik. Dit is baie belangrik om die area droog te hou.

Jy moet asseblief jou dokter vir 'n ondersoek konsulteer, sodat die diagnose van swam dermatitis bevestig kan word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: elsie | 2010/08/07

ek het n jeukerige rooi uitslag onder my borste

Reply to elsie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement