advertisement
Question
Posted by: Christine | 2008-11-25

Senuwee wat vasknyp in rug - eina!

More Dr.
Ek (33 jarige vrou) het ' n senuwee wat nou al ' n week lank vasknyp in my rug (begin by my boud en af in my linkerbeen.) Been voel van tyd tot tyd bietjie swaar en asof die vel gevoelloos is aan die kant van my been. Die pyn is aanhoudend en geen posisie of pynstiller verlig dit nie! Ek het Cataflam, Synap Forte &  Myprodils probeer, maar bly rasend van die pyn. Ek het die probleem in die archives gaan opsoek en gesien dat sommige gevalle na ' n fisio verwys word, ander na ' n neuro-chirurg. Watter een sou my die beste kon help? So jaar of wat gelede het x-strale getoon dat my diskusspasies L3/4 en L4/5 merkbaar vernou is.
Byvoorbaat dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Christine
Fisioterapie is altyd die eerste stappie, want baie keer is daar agv die pyn onderliggende spasma van die rugspiere wat die probleem vererger. Slegs as konserwatiewe behandeling ( fisio, pyn verligting, traksie etc) nie help nie, moet mens operasie oorweeg. Soms is dit egter aangedui en die enigste oplossing. Die fisio sal vir jou sê as die behandeling niks help nie, en sy voel jy moet liewer 'n ortopeed/neurochirurg sien.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: morne | 2014-01-24

hello kan iemand my dalk se of my probleem wat ek het iets te doen het met my rug of wat?my linker been gaan somtyds dood of hy sleep as dit koud is ek kan glad nie hardloop of speel saam my kinders nie want my linkerbeen bly dood gaan,as iemand vir my kan se wat dit is,ek is 36jaar oud

Reply to morne | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2016-01-05

Het jou na navrae gesien wat was oplossing

Posted by: Zib | 2009-03-25

I have been battling with siatica on the left side and now find the same is happening on the right. I' m told that all I can do is strengthen the back' s muscles and when the pain is very bad, I rely on Cataflam. Are there any other alternatives?
Thank you!

Reply to Zib
Posted by: daardeur | 2008-11-25

Soek vir Body Stress Release op die web, kry jou naaste praktisyn en gaan na die persoon toe. Die beste!

Reply to daardeur

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement