advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/05/12

self ingespuit

Dok, ek het sommer vir myself ' n griepspuit in die bo-arm gegee want niemand by die apteek wou/kon dit vir my doen nie en ek wou nie ' n dokter betaal vir ' n volle konsultasie net daarvoor nie. Maar toe begin ek later worry of mens dit verkeerd kan doen en jouself skade aandoen, veral omdat almal wat ek ken vir my gese het ek is gek om dit te doen.
Ek het my arm en hande skoongemaak met alkohol en die naald ten volle ingedruk in my deltoid spier. Klink dit reg? Behalwe die gewone pyn en swelling by die spuitplek vir ' n paar dae voel alles darem vir my reg.

Dit het my ook laat wonder hoekom party inspuitings in die arm moet ingaan en party in die boud. Wat is die verskil tussen hulle?

Baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anonymous
Ek sou nie aanbeveel dat jy jouself in die arm of enige ander plek diep in die spier spuit nie - om die eenvoudige rede dat mens nie daar so lekker kan bykom nie, en mens kan per ongeluk 'n aar of 'n senuwee raakspuit wat dan vir jou skade kan gee. Dan kan mens ook met inspuitings 'n anafilakse (erge allergie) kry en dit is altyd beter om iemand byderhand te hê met 'n nood trollie in so geval.
Mense op Heparien en insulien spuit hulle self, maar hierdie inspuitings is gewoonlik oppervlakkig en net onder die vel. Kleiner inspuitings gee ons op die arm, en groter volumes in die boud.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Mmmmmm | 2009/05/12

Its an intramuscular injection and you probably did the correct thing. I wouldnt worry. Just dont do it again unless you know all the injection sites. You could hit a vein, nerve etc which you dont want to do - believe me.

Reply to Mmmmmm

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement