advertisement
Question
Posted by: Annatjie de Klerk | 2012/08/05

Seertjies langs my mond

Ek is 44 en kry nou al vir ''n paar maande seertjies langs my mondhoeke. Dit is gevoelig soos ''n koorsblaar, maar gladnie op my lippe nie. Dit neem ''n paar dae voordat die seer gevoel weggaan en dan is die merk vir ''n hele paar dae sigbaar. Ek wil weet of dit een of ander tekort is. Wat moet ek doen? Ek drink vitamienaanvullings, verder is ek op geen ander medikasie behalwe voorbehoedpille nie. Help my asb!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Annatjie

Jy het ontsteking van jou mondhoeke. Daar is vele moontlike oorsake hiervoor, soos 'n swaminfeksie, 'n vitamien B2 tekort, 'n sink of yster tekort en die behandeling sal van die oorsaak afhang. Ek stel daarom voor dat jy jou dokter vir 'n ondersoek en bloedtoetse konsulteer.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: billy | 2012/08/06

Eet jy genoeg vars vrugte en groente, want dit veroorsaak die seertjies / skeurtjies in die mindhoeke

Reply to billy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement