advertisement
Question
Posted by: alta | 2010/01/26

seer voete

hi, ek het op die treadmill gestap en my voete het seer gevoel maar ek het gedink dit sal oorgaan as ek aanhou want dis dalk net uit oefening. daarna was dit seer en lastig, maar met die tyd het hulle net seeder geword en nou is die brug van my voet opgeswel en as ek druk op die beentjies is alles seer. ek kan soms skaars loop.soms kan ek skaars loop en as ek strek pyn dit so geweldig. my voete is geswel en alles voel styf en die soene pas nie meer nie.ek dra nr 4 maar moes al ' n nr 5 skoen koop.kan dit wees dat die ligamente beskadig is of kan dit ook wees dat die brug van my voet gesak het. ek voel bekommerd. het nognie weer op die tread mill geloop nie.
my man se ek wou dit oordoen maar ek stap gereeld en het nog nooit las van die voete gehad nie. kan gewig dalk ook ' n rol speel. ek het 10 kg opgetel die afgelope 6 maande en die drs kannie vastel waarom nie.
wat sou u aanbeveel of voorstel.
dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Alta
'n treadmill is eintlik baie hard op jou voete, want dit gee nie mee nie, en jou skoene waarmee jy geloop het was waarskynlik nie ondersteunend genoeg nie. Probeer 'n anti-inflammatoriese middel soos Neurofen of Mypaid vir 'n paar dae. Ek dink ook jy moet dalk 'n fisioterapeut sien vir behandeling vir die inflammasie van die spiertjies. As jy dalk iets soos green cross skoene in jou kas het, mag dit dalk help om dit te dra omdat dit die voet goed ondersteun. Vermy hoë hakskoene tot jou voete beter is.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Pikkie | 2016/02/11

My man se brug is geswel en hy se by die bokant van sy tone so tussen die tone is dit baie seer. In die oggende is die voet stuif en seer. Was nou al by 6 dokters die laaste een het gese hy het artritus in sy voet, almal gee pille maar niks werk nie. Is daar nie n boereraad wat ons kan gebruik nie, of dalk iets by Dischem of Clicks, kruie pille of iets wat hy kan gebruik nie. Hy loop nou al 5 maande so met die voet. En raak n probleem by die werk. Ek soek dringend raad asb.

Reply to Pikkie | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2016/02/24

Ek sit met selfde probleem het j Al di oor saak gekry ek het nog ni

Posted by: Jessica | 2010/02/09

My brug op my voete is geweldig seer veral as k ini oggend opstaan voel of k ni kan loop ni. Wat kan d veroorsaak?

Reply to Jessica
Posted by: cyberdoc | 2010/01/26

Hallo Alta
'n treadmill is eintlik baie hard op jou voete, want dit gee nie mee nie, en jou skoene waarmee jy geloop het was waarskynlik nie ondersteunend genoeg nie. Probeer 'n anti-inflammatoriese middel soos Neurofen of Mypaid vir 'n paar dae. Ek dink ook jy moet dalk 'n fisioterapeut sien vir behandeling vir die inflammasie van die spiertjies. As jy dalk iets soos green cross skoene in jou kas het, mag dit dalk help om dit te dra omdat dit die voet goed ondersteun. Vermy hoë hakskoene tot jou voete beter is.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement