advertisement
Question
Posted by: EK | 2003-02-12

Q.

Seer Tong

My tong het eergister (Maandag) begin seer word aan die onderkant. Dit kom ook voor asof daar los velletjies onder aan die kante is. Later die dag het die onderkant van my mond ook begin seer word. Dis ook effens rooi. Nou is my mond reg rondom, aan die binnekant van my wange, langs my tande af en veral aan my onderlip voor seer en ongemaklik. Ek kry ook die gevoel dat die kos wat ek eet aan die ongemaklike plekke "vassit" en dan voel dit soos "velcro" Ek kan dit ook beskryf as die gevoel wat mens kry wanneer jy lank in die see geswem het en die soutigheid maak jou mond so "rimpelrig". Is dit iets waaroor ek moet bekommerd wees en dadelik dokter toe hardloop, want ek voel nie verder siek nie. (Ek het die afgelope 10 dae 'n seer klier in my nek, so 2 vingers bo my skourbeen gehad. Ek was ook DOODMOEG, maar het 'n harde week gehad. Dit het egter so teen Maandag opgeklaar.)

Dankie vir die hulp en raad.

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Ek, dit klink asof jy moontlik spru het. By die tyd sal daar dan nou ook al wit vlekkies aan die binne kant van jou mond moet wees as dit die geval is. Jy kan jou apteker vir iets soos Canstat® of Nystacid® vra om dit te behandel. As dit nie die geval is nie, sal die beste wees om tog maar jou dokter te sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement