advertisement
Question
Posted by: Gerra Visser | 2017/09/19

Seer stywe spiere.

Dr. Ek het seer stywe spiere al vir jare lank. Dit raak net by die dag erger. Ek is 57 jaar oud en hou my besig soveel as wat ek kan. My spiere is baie styf en swak. Ek kan nie baie loop nie, en glad nie trappe klim nie. Allerdaagse dinge soos, hare was , hare doen, vloere was en derglike dinge is baie uitputtend, met die rede dat die spiere se seer en styf is. Het ook baie rustelose nagte met die seer spiere. Was al vir baie toetse, maar niemand kon iets oplewer nie. Kan u my dalk help.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2017/09/21

Hi

Ja, dit is n baie moeilik situasie want daar kan baie verskillende oorsake hiervan wees. Dit kan iets basies wees soos n Vitamien B12 of n Vitamien D tekort wat die seer spiere veroorsaak, of dit kan n neurologiese probleem wees. Ek stel voor dat jy kyk of daar nie dalk enigsins n aanvulling is wat kan help nie - die dokter moet seker maak of die basiese vitamien en mineraalvlakke in jou lyf normaal is (en aanvullings gee soos nodig) en dan kan n mens verder ondersoek instel, as die basiese eers aangespreek is. Groete en ek hoop jy kry gou die antwoord. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement