advertisement
Question
Posted by: Belinda | 2009/05/06

Seer rug?

Kan baie stywe, seer rugspiere jou borskas ook laat pyn? Die pyn in my borskas voel ook soos spiere maar agter my linkerbors voel dit of dit my hele bors laat pyn, ' n branderige pyn. Ek kry op die oomblik fisio vir my rug, die terapeut het ook vir my gesê  ek het baie lelike spasmas in my rug. Ek het gister na die fisio nie so erg pyn in my borskas gehad nie, maar soos wat my spiere in my rug weer seer raak begin my bors ook seer raak, dis hoekom ek wil weet of dit dalk " related"  kan wees. Dis sensitief oor my ribbes ook, en tussen my ribbes, by my borsbeen. Die terapeut het iets gepraat van dat my spiere in my rug nooit rustend is nie en dat dit is hoekom dit so styf is. Kan dit met my bors ook gebeur? Dit maak my bekommerd omdat dit meer aan my linkerkant is en ek is bang dis dalk my hart. Daar is nie regtig hartprobleme in ons familie nie en ek is maar 28.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Belinda
Erge rug spier spasma kan verwysde pyn regoor die borskas tot voor veroorsaak. Die spiertjies tussen die ribbes kan ook in spasma gaan. Kyk of dit help as jy anti-inflammatoriese middel gebruik soos Brufen? ( as jy nie allergies is nie) Hartpyn is gewoonlik geassosieerd met oefening/aktiwiteit en is gewoonlik 'n drukkende pyn in die middel van jou bors.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: annie | 2016/04/10

Ek het vreeslik pyn in kniee het linker een vervang moet regtereen ook doen al 2jaar op waglys by staatshospitaal my bors kramp agter linkerbors en oor maag kan dit n maagseer wees asb is seer

Reply to annie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement