advertisement
Question
Posted by: Jay | 2009-07-29

Seer oor

Jammer ek skryf in Afrikaans, voel ek kan my net beter uitdruk.
Ek het in my linkeroor iets soos a permanente nattigheid. Ek was al by die GP gaan dan na '  n KNO spesialis kry bietjie antibiotika en als ok vir '  n rukkie. Dan begin dit weer, my oor pyn soms dan voel dit of my kake klem. Ek het gedurig ook nasale drup en het al my sinusse laat kyk. Laaste het vir '  n ruk gewerk maar weer begin. Ek kom deesdae agter dat ek benoud raak vir vir al veld brande. Is daar dalk ander probleme wat nie raak gesien word nie. Ek is nie meer so jonk nie maar in goeie fisiese toestand.
Dankie byvoorbaat

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Beste Jay
Ek kan nie regtig jou hoofklagte bepaal nie maar die volgende is dalk van hulp:
1. Benoudheid gewoonlik is long verwant en moet na gekyk word.
2. Die nat oor kan wees as gevolg van 'n buite oor infeksie en reageer goed op topikale behandeling (oor druppels of 'n antibiotika room). Dit is baie belangrik om nie in die oor te krap nie want dit vererger die probleem.
3. Oor pyn en kake wat klem kan aanduidend wees van tempero-mandibulêre gewrig (jou kaak gewrig) probleme en kan veroorsaak word as jy kners, 'n abnormale byt het, ens. Dit moet deur 'n mond en kaak chirurg behandel word.

So, afhangend van jou hoofklagte sal ek voorstel dat jy die betrokke dokter sien.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Brenda Allers | 2009-10-26

Probleem met linkerkant van gesig pynvol en moeilik om te eet die kakebeen het klap geluid amper asof die kakebeen uit potjie is.

Reply to Brenda Allers

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement