advertisement
Question
Posted by: nog een behalwe adhd | 2010-12-01

seer nek

Beste dok Bets,

Nog n probleem: My seun (met die ''''stout'''') dogtertjie in Ierland, vra ook vir my die volgende:
Oor n paar dae, al geleidelik, het sy nek begin seer en seerder word. Later kon hy amper nie meer kop draai nie. Eergisteraand skrik hy wakker en met die wakkerskrik wil hy omdraai, maar dit voel of daar n verlammende pyn deur sy nek skiet. Sy skouer aan die regterkant was morsdood vir minstens n minuut, as hy daaraan vat, het dit gevoel soos dooie vleis. Die nek is nog steeds seer, en as hy sy kop draai is dit erger.
Hy is n programmeerder, en sit dus heelwat ure voor die rekenaar.
EK het voorgestel sy vrou masseer hom liggies met die vingerpunte, maar hy wou hom doodlag! Waar gaan sy tyd kry tussen die tantrums en die baba deur? Ha Ha!
Wat dink dok kan die pyn veroorsaak?
Dankie vir al die antwoorde op ons baie vrae!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo ouma
Dit klink vir my of hy dalk 'n nekspierspasma het wat 'n senuwee vasgeknyp het en jou voorstel van 'n massering is glad nie sleg nie! Maar dalk sal 'n fisioterapeut beter werk. Hy kan ook 'n spierverslapper drink maar dit is gewoonlik nie so oor die toonbank beskikbaar oorsee soos hier by ons nie, so hy sal dalk 'n voorskrif nodig hê. 'n Warmwatersakkie en bietjie Deep Heat room sal ook waarskynlik help.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-12-01

Hallo ouma
Dit klink vir my of hy dalk 'n nekspierspasma het wat 'n senuwee vasgeknyp het en jou voorstel van 'n massering is glad nie sleg nie! Maar dalk sal 'n fisioterapeut beter werk. Hy kan ook 'n spierverslapper drink maar dit is gewoonlik nie so oor die toonbank beskikbaar oorsee soos hier by ons nie, so hy sal dalk 'n voorskrif nodig hê. 'n Warmwatersakkie en bietjie Deep Heat room sal ook waarskynlik help.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement