advertisement
Question
Posted by: Rika | 2012-07-13

Seer Longe

Goeiedag Dokter,

Ek is 35 jaar oud en het so week gelede opgehou rook na ongeveer 10 jaar. Ek kom agter dat my longe seer voel as ek asemhaal - veral in die middae en aande (nie terwyl ek slaap nie). Dit voel ook soms asof ek nie genoeg suurstof kry nie - asof ek nie behoorlik kan asemhaal nie, asof die asem nie heeltemal in my longe ingaan nie... Ek hoes nie, maar het soms so brandgevoel op my maag.

Wat stel u voor moet ek doen?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rika

Ek dink nie jou simptome hou verband met die rook staking nie. Baie geluk met hierdie groot stap! Konsulteer jou dokter vir 'n ondersoek en gastroskopie om die moontlikheid van 'n maagseer uit te skakel. Hy of sy sal sommer ook na jou longe kan luister.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement