advertisement
Question
Posted by: Hoe lank nog? | 2009/08/27

Seer lae rug

Ek het van jongs af maar probleme met lae rugpyn gehad wat vererger het tydens my swangerskappe. So gaan dit maar al jare. Januarie 2009 het ek egter een oggend motor toe geloop om werk toe te ry - elke dag heen en weer ±  190 km - ewe skielik het ek een massive seer steek in my rug gehad en kon en nie beweeg nie - ek moes ' n ruk lank doodstil staan. Die lamheid het toe weggegaan maar die ontsettende seer het daar gebly die hele dag. Die volgende dag kon ek nie opstaan nie en wou huil van die pyn - dr toe en hulle sê  dat ' n werwel uit is en skryf bedrus voor en gee ook ' n inspuiting vir die pyn. Word ook gestuur vir fisioterapie. Dit gaan toe weer beter maar ongeveer 4 mnde later dieselfde ding. Weer bedrus en van daar af het dit met al korter tussenposes gekom - met die laaste keer wat 4 weke terug was, sukkel ek egter om reg te kom. Ek moes byna vir 2 weke in die bed bly - ek het ' n korset gekry om te dra, fisioterapie al vir amper 4 weke - plate geneem - inspuitings, leef op pynpille, voel mislik en seer en kan niks vir myself doen nie. Veral as gesit of gelê  het, kan ek vir seker so 2/3 minute nie dadelik loop nie en kan ek ook nie dadelik my rug reguit maak nie, ek moet dit so stadig as moontlik doen en eers as die pyn ' n bietjie weg is, kan ek regop staan en dan probeer loop. Met die plate het hulle gesien die faset gewriggies in my lae rug het skade. daar is blykbaar 3 prosedures wat hulle kan doen, inspuitings onder narkose gee met ' n tipe gel, die senuweetjies afsny sodat ek nie meer pyn voel nie, en of dan die laaste uitweg fusion. Die vroegste afspraak wat ek by ' n Dr in PE kan kry is 23/12/09 - weet u nie dalk van iemand anders waar ek dalk gouer gehelp kan word nie. Ek is moedeloos en dink nie aldag dat ek kans sien om met hierdie pyn te loop tot en met Des nie. Klink die diagnose vir u reg? Ek sal enige inligting of hulp baie waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageChiroDoc

Skakel ons asseblief op 0583034571 en vra om met my persoonlik te praat. Dit klink of sjirurgie dalk die uiteindelike opsie gaan wees - maar ons kan moontlik 'n alternatied intussen probeer om verligting aan te bied.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: duwayne | 2014/11/09

ek het op my lae rug geval en dit pyn baie want ek het op n klip daarmee geval help my asseblief ek het dit dringend nodig

Reply to duwayne
Posted by: Anonymous | 2014/02/16

Hallo ek het raad nodig is al raadop. Ek het 'n baie sensitiewe maag. Maar die kaaste ruk voel dit net erger. Ek vermoed dat ek 'n maagsweer het. Maar na d meeste v die kere as ek klaar geeet het spoel my maag dis net waterig en dit gaan so paar keer aan. Daarna het ek lamheid in my lae rug. Wat kan dit wees?

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement