advertisement
Question
Posted by: Linda | 2012/02/08

Seer knie

Hi Doc, Ek het laas Dinsdag squads by ''n gymklas gedoen, toe voel ek my regter knie pyn is seer elke keer as ek die squad doen.Die instruktrise het gese ek moet teen die muur dit doen, maar was nog steeds seer en nog vir ''n rukkie na die tyd as ek dit te erg gebuig het.Gister toe ek weer dieselfde klas doen, het ''n ander instruktrise gese ek moet pilates by dieselfde gym doen om my knie sterker te maak. Wat dink u daarvan, sal dit regtig help? Die knie het omtrent ''n jaar gelede begin seer word nadat ek ''n stepklas gedoen het en daarvandaan was hy so aan en af. ek sukkel om regtig fiks te word, want ek is te bang ek oordoen dit. gee asb. advies, want ek wil meer as eenkeer gym.Op die oomblik gebruik ek niks vir die knie nie. Dankie vir u advies.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Linda

Dit is belangrik om 'n ortopeet te konsulteer. Dit is moontlik dat jy 'n ligament beseer het of die gewrig kraakbeen beseer het. 'n Artroskopie (ondersoek met 'n klein kamera aan die binnekant van die knie) kan meer lig op die onderwerp plaas. Dit sal beter wees om eers mediese hulp te soek, voor ander vorms van oefening oorweeg word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Linda | 2012/02/08

Hi Doc, ek is 43 jaar oud.

Reply to Linda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement