advertisement
Question
Posted by: Rico | 2011/05/04

Seer hakke

Die afgelope paar weke ervaar ek toenemende ongemak in my hakke. Ek doen spyseniering en is baie op my voete, maar het nie voorheen probleme ondervind. Eintlik het ek gesonde voete sonder knobbels, ens. Ek dra goeie, gemaklike skoene.

Ek het aanvanklik gedink dis van baie staan saam met ''n paar oortollige kilo''s, maar nou is die eina ook wanneer ek opstaan in die oggend, nadat ek ''n rukkie beweeg het, word dit beter. Ek bly egter deurentyd bewus van die ongemak - selfs wanneer ek le.

Dink nie daar is enige verband, maar ek noem tog dat ek 5 fusies in my nek en rug gehad het en dat daar senuskade is.

Sal dit help om ''n draai te maak by die mense wat ortopediese hulpmiddels maak, miskien is daar iets wat ek binne my skoene kan plaas vir ekstra ondersteuning.

Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rico

Ek stel voor dat jy 'n ortopeet vir x-strale van jou voete konsulteer. Benerige uitgroeisels van die beentjies in die voet, genoem "spurs" kan die oorsaak wees van die pyn en ongemak. Ek stel dus voor dat jy eers 'n ortopeet konsulteer voor jy enige produkte gebruik vir beter ondersteuning van die voet en voetbrug.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Elizabeth | 2016/03/12

EK SUKKEL MET SEER HAKKE KAN DIT INFEKSIE WEES VAN DIE SPURS ASB

Reply to Elizabeth
Posted by: Petro | 2015/11/10

Middag Ek ervaar pyn in my hakke in die oggend as ek opstaan. Dit is so erg dat ek eers weer terug op die bed moet sit en myself probeer opstoot – sodra ek begin loop word dit beter. Ek dra gemaklike skoene (Green Cross).

Reply to Petro

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement