advertisement
Question
Posted by: Seer | 2009/03/19

Seer gewrigte, rug, nek en voete

Ek het al vir ' n geruime tyd seer in my hande meer by die kneukels, my voete langs die groottoon, rug en nek. Ek sal nie sê  dit pyn nie, maar raak soms so seer. Ek kry verligting as daaraan gedruk of hard gevryf word. Ek is nie opgeswel of rooi nie. Soggens as ek opstaan is my rug en voete styf, maar binne ' n kwessie van 2 minute is die styfheid weg, maar nie die seer nie. Ek het vir ' n artritissiftingstoets gegaan wat normaal was. Die dokter het wel Celebrex voorgeskryf tesame met B-cal-D. Ek drink nou saam met dit Cod liver oil en Athroguard, maar ek voel geen verskil nie. Ek wil nie van een spesialis na ' n ander gaan nie, want mediese kostes is ongelooflik en ek het nie mediese fonds nie. Wie is die beste persoon om te gaan sien?

Net noem dat ek op die Crazy Fit message masjien staan. Kan die geskud dalk die rede wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones

Hello
Dit klink soos 'n bietjie Osteo-artritis (normale 'wear and tear' verandering in die gewrigte)- dit is hoekom die bloedtoetse normaal was. As dit nie respondeer op anti-inflammatoriese behandeling nie (onthou om dit daagliks te neem vir ten minste 7-10 dae) is 'n rumatoloog die mees aangewese dokter om te sien.
As dit een van die vibrasie masjiene is, stel ek voor jy los dit vir 'n ruk en kyk of jou pyn verbeter. Ek het so 'n idee dit mag wel die oorsaak van jou pyn wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Bettie | 2016/05/25

As ek opstaan uit die bed of opstaan vanwaar ek.gesit het of uitklim uit die motor is my bene stokstyf...en seer maar na n paar treë dan is dit beter..selfs skouergewrigte. Is daar n verband tussen Simvatatin 40 vir cholestrol wat n invloed kan hê . Ek is nie oorgewig nie en eet gesond

Reply to Bettie | 1 comment (hide)
Posted by: Bettie | 2016/05/25

Please reply to my comment

Posted by: ivy | 2015/07/08

ek het pyne in my hande tot die spiertjies binne my hande en litte van my vingers . my hande swel baie en word bloed rooi en my are op my hande staan vreeslik uit. ek kan soms nie my kneukels buig nie so seer is dit. kan u my se wat is dit en wat kan ek gebruik vir die pyn. ek is n naeltegnikus en moet my hande permanent gebruik kan nie so sukkel nie?? groot asseblief gee my net n antwoord

Reply to ivy
Posted by: Chipo Moyo | 2009/11/06

My knee joints are very pain full especially if i stand for sometime. Elbowe joints are also sore and when i move them up and down I get a squick noise

Reply to Chipo Moyo

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement