advertisement
Question
Posted by: KLARA | 2009/12/05

SEER EN GESWEL

My dogter bly in Engeland en sy se dat haar man se een testikel seer en geswel is = hulle was na ' n dokter en die het net pyn medisyne voorgeskryf - Wat kan die oorsaak wees en watse behandeling word voorgestel?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Klara

Daar is veelvuldige redes hiervoor en dit is daarom vir my moeilik om 'n definitiewe oorsaak aan jou te gee, sonder om die area te kan ondersoek. Oorsake kan die volgende wees: Infeksie van die testis, latente besering van die testis, infeksie van die strukture om die testis, gedeeltelike/vol torsie van die testis (draai van testis), torsie van die epididimus (deel van saadbuis) ens.

Indien die swelling en pyn nie verbeter nie, behoort 'n sonar van die testis geneem te word en indien daar geen oorsaak gevind word nie, moet 'n eksploratiewe chirurgie van die testis gedoen word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/01/31

Ek wil net graag hoor, my broer kla van n erge gejeuk in sy testis, ( nie die vel nie), hy se dit voel of alles binne in sy testis die hele tyd draai en beweeg, Dit is blykbaar al n geruime tyd dat hy die gejeuk het. Hy het n breinbesering na n motorfiets ongeluk, en kry Androcer inspuitings 300mg een maal n maand. Kan daar dalk n verband tussen die medikasie en sy problem wees Ek hoor graag van u Baie dankie

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement