advertisement
Question
Posted by: Tess | 2012/11/01

Saturated fat

Dag Dietdoc

Ek volg nie ''n dieet nie maar probeer gesond eet waarvan alles low fat is, maar daar is iets wat my deurmekaar het. Ek verstaan dat ek kos moet koop met ''n total fat van 5g of minder per 100g maar partykeer is dit bv 10g vet per 100g maar waarvan die saturated fat 2.4g vet per 100g is. Is dit nogsteeds lae vet?

Ek trap daagliks 15min fiets in die gym en daarna doen ek gewigte en strek oefening, alles vir so uur. Is dit genoeg om my gewig te laat verloor? Ek drink ook 1.5L water ''n dag My bmi is 32.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tess

Dit is goed dat jy jou vetinname verminder, maar dit is belangrik om te verstaan dat die aanbevelings die volgende insluit: 1) Vermindering van die totale vetinname (dit behels versadigde, mono-onversadigde en poli-onversadigde en trans vetsure, m.a.w. Alle soorte vet 2) Spesiale aandag moet geskenk word om versadigde vet, trans vet en cholesterol te verlaag. Hou liewer by die reël dat die kosse wat jy inneem minder as 5 g ver per 100g behoort te bevat, maak nie saak watter soort vette dit is nie. Onthou tog dat alle olies, margarien eb botter net uit vet bestaan en dat mens dus vir hierdie kosse jou porsie tot 5 g (1 teelepel) sal beperk, en nie meer as 65g vet per dag inneem nie.
Jy sal wel gewig verloor as jy jou energie-inname verlaag en elke dag aërobiese oefening doen soos die fietsry of flink stap of touspring, ens. Vra die instrukteur by die ‘gym’ om jou program aan te pas dat jy ook ander aërobiese oefeninge doen behalwe die fietsry sodat jy ten minste 30 min se aërobiese oefeninge doen.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement