advertisement
Question
Posted by: Gina | 2011/10/17

Sarie eetplan

Middag Doc

In die Sarie tydskrif van Oktober 2011 is ''n eetplan wat deur Health24 uitgewerk is en volgens die artikel uit ongeveer 5400KJ per dag bestaan. Die afgelope jaar eet ek baie min (sekerlik 3000KJ per dag) en ek vermoed my metabolisme is daardeur aangetas aangesien ek nie kan waag om meer te eet nie, want dan tel ek dadelik gewig op. Ek het ook ''n " mild"  geval van PCOS wat ook verhinder dat ek gewig maklik kan verloor. My ginekoloog het Inofolic voorgeskryf. Ek het ongeveer 3kg om te verloor en wil dit graag op ''n verantwoordelike manier doen (geen " crash diets" ). Sal die eetplan in Sarie vir my werk as mens my omstandighede in ag neem?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Gina
Ek is verstom om te verneem dat jy kan fungeer op net 3000 kJ/dag - dit is uiters min en kan 'n negatiewe effek hê op jou vermoë om gewig te verloor, jou gesondheid weens moontlike gebreksiektes, en jou gemoedstoestand a.g.v. gedurige uithongering. Enige uithongeringsdieet het die potensiaal om jou metabolisme ‘af te skakel’ omdat die liggaam poog om energie te spaar in die aangesig van uithongering. Die PCOS hinder ook gewigsverlies. Alhoewel Inofolic nog nie lank beskikbaar is nie, behoort hierdie kombinasie van mio-inositol en foliensuur hopelik te help teen die metaboliese sindroom. Ek sal voorstel dat jy die Inofolic probeer plus die Sarie eetplan vir verslanking pleks om op 3000 kJ/dag te probeer oorleef. Ek sal baie graag verneem of die Inofolic wel help met gewigsverlies. Indien jy daarmee sukses behaal, pos asb vir my jou ervaringe op hierdie Webwerf. Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/10/17

Beste Gina
Ek is verstom om te verneem dat jy kan fungeer op net 3000 kJ/dag - dit is uiters min en kan 'n negatiewe effek hê op jou vermoë om gewig te verloor, jou gesondheid weens moontlike gebreksiektes, en jou gemoedstoestand a.g.v. gedurige uithongering. Enige uithongeringsdieet het die potensiaal om jou metabolisme ‘af te skakel’ omdat die liggaam poog om energie te spaar in die aangesig van uithongering. Die PCOS hinder ook gewigsverlies. Alhoewel Inofolic nog nie lank beskikbaar is nie, behoort hierdie kombinasie van mio-inositol en foliensuur hopelik te help teen die metaboliese sindroom. Ek sal voorstel dat jy die Inofolic probeer plus die Sarie eetplan vir verslanking pleks om op 3000 kJ/dag te probeer oorleef. Ek sal baie graag verneem of die Inofolic wel help met gewigsverlies. Indien jy daarmee sukses behaal, pos asb vir my jou ervaringe op hierdie Webwerf. Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement