advertisement
Question
Posted by: SP | 2011/03/23

sap

Ek drink elke dag vars sap wat ek maak in my liquidizer. My " sap-dieet"  lyk soos volg. Ek gebruik net een van elke groente:

Ma: Broccoli, komkommer, seldery en beet
Di: Radys, wortel, komkommer en seldery
Wo: Wortel, komkommer, seldery, pietersielie en knoffel
Do: Wortel, beet en seldery
Vry: Wortel, knoffel, ui, gemmer en radys
Sa: Blomkool, spinasie en lemmetjie
So: Wortel, spinasie, kool en aspersie

Soos ek gesê  het, ek gebruik min van alles, dit maak omtrent ''n halwe glas vol. Hoe gesond is dit? Ek het gehoor as mens te veel vars sap drink kan dit nadelig wees. Ek eet gesond saam met die sap, 6 klein etes elke dag met genoeg vars vrugte saam met dit. Ek beplan ook om swanger te raak, kan ek voortgaan met die sap wat ek maak wanneer ek swanger is?
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste SP
Al die groente, vars kruie en die lemmetjie wat jy versap, is propvol anti-oksidante, vitamiene, minerale en fitonutriënte. Dit is dus baie gesond. 'n Halwe glas sap per dag behoort nie tot oormatige inname van voedingstowwe te lei nie. Daar is wel berigte dat die vel en oë van persone wat baie groot hoeveelhede beta-karoteen inneem (as kos of sap), geel verkleur wat aandui dat hulle 'n oormaat van hierdie vitamien ingeneem het. Beta-karoteen word veral in wortels, broccoli, spinasie en pampoen-soorte aangetref. Maar jy is nie besig om te veel in te neem nie en dit behoort nie tot vergeling van die vel te lei nie. Hierdie toestand is ook omkeerbaar as die betrokke persone vir 'n tyd lank nie beta-karoteen inneem nie. Oormatige inname van rou groente uit die kool-familie (broccoli, blomkool, kool) kan moontlik lei tot onderdrukking van die funksie van die skildklier. Jy kan wel voortgaan met die sap as jy swanger word, maar moenie dit oordoen nie - bly by 'n halwe glas per dag, nie meer nie.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/03/23

Beste SP
Al die groente, vars kruie en die lemmetjie wat jy versap, is propvol anti-oksidante, vitamiene, minerale en fitonutriënte. Dit is dus baie gesond. 'n Halwe glas sap per dag behoort nie tot oormatige inname van voedingstowwe te lei nie. Daar is wel berigte dat die vel en oë van persone wat baie groot hoeveelhede beta-karoteen inneem (as kos of sap), geel verkleur wat aandui dat hulle 'n oormaat van hierdie vitamien ingeneem het. Beta-karoteen word veral in wortels, broccoli, spinasie en pampoen-soorte aangetref. Maar jy is nie besig om te veel in te neem nie en dit behoort nie tot vergeling van die vel te lei nie. Hierdie toestand is ook omkeerbaar as die betrokke persone vir 'n tyd lank nie beta-karoteen inneem nie. Oormatige inname van rou groente uit die kool-familie (broccoli, blomkool, kool) kan moontlik lei tot onderdrukking van die funksie van die skildklier. Jy kan wel voortgaan met die sap as jy swanger word, maar moenie dit oordoen nie - bly by 'n halwe glas per dag, nie meer nie.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement