advertisement
Question
Posted by: Onseker | 2006/07/21

Q.

Saambly-soek regshulp dringend!

Ek is nie seker of ek my vraag hier kan plaas nie aangesien ek regshulp soek. Hoop iemand kan my help.

Ek is die afgelope vier jaar in 'n verhouding. Ek het 'n huis gekoop so 3 jaar gelede en het hy by my ingetrek, met letterlik net sy klere en een kombers. Hy het absoluut niks gehad nie.

Ek het al by verskeie mense gehoor dat, wanneer twee persone vir meer as 2 jaar saamwoon, is dit so goed soos 'n huwelik "binne gemeenskap van goedere". Ek kon hom glad nie sover kry om 'n ooreenkoms by 'n prokureur te teken nie, maar het hy wel 'n ooreenkoms geteken wat ek getik het, waarin daar staan - in kort, dat wat myne is, is myne en wat syne is, is syne en dat die een persoon nie aanspraak kan maak op die ander se besittings nie. Hy het dit wel geteken so jaar en 'n half gelede.

Graag wil ek weet of dit geldig is. Die ander ding is dat daar nie getuies geteken het nie. Net sy eie en my handtekening is daarop.

Ons verhouding is basies op die rotse en weier hy om uit te trek omdat hy aanspraak maak daarop dat die helfte van die huis en al my besittings syne is (ek betaal alles in die huis, vanaf die water en ligte tot sy klere). Hy het in die tussentyd vir hom 'n motor gekoop - waarheen basies sy hele salaris gaan en betaal hy die huishulp en koop gedeelte van die kos. Dis al! Vir die res moet ek sorg.

Ek soek regshulp baie dringend hieroor, want ek sien nie kans om alles waarvoor ek so hard gewerk en betaal het, met hom te deel terwyl hy nie bygedra het nie.

Watter stappe kan ek volg om hom uit my huis en lewe te kry sonder om alles te verloor?

4
user comments
Posted by: Onseker | 2006/07/21

G-Dad

Vreeslik baie dankie vir u hulp en raad. Ek waardeer dit.

Reply to Onseker
Posted by: G-Dad | 2006/07/21

Ek is bly dat daar nie kinders betrokke is nie, kinders lei gewoondlik die ergste.

In julle geval kan julle 'n skoon breek maak, kry 'n prokureer om aan hom 'n brief te skyf en vra hom om uit te trek, indien hy weier gaan landros hof toe en kry 'n bevel.

Die howe sal julle ooreenkoms in ag neem, ek twyfel sterk of hy enige iets sal kry, as dit so ver sou gaan kry be eedigde verklarings van die famielie oor die erfstukke.

Probeer maar in die toekoms seker maak dat jy ten minste 2 getuies gebruik om ooreenkomste te teken, dit is altyd veiliger.

Dit klink of die ou leker op jou onkoste leef, nou wil hy dit moeilik maak om ontslae van hom te raak.

Reply to G-Dad
Posted by: Onseker | 2006/07/21

G-Dad
Nee, ons is glad nie tradisioneel getroud nie en gelukkig is daar ook geen kinders nie. Dit is slegs 'n saambly-verhouding, as mens dit so kan noem.

Die huis se paaiement word elke maand direk van my salaris by my werk afgetrek en aan die bank oorbetaal.

Ons het geen bates saam gekoop of saam geteken vir enige bates aangekoop nie.
My motor het ek so paar maande gelede gekry by my ma asook die meeste van my meubels. Van my meubels is erfstukke.
Van die goed wat ek in die tussentyd gekoop het, soos bv wasmasjien, dvd-speler ensovoorts. se rekeninge en kwitansies was in my naam uitgemaak.

U antwoord gee my 'n bietjie gemoedsrus, maar ek het nogal vertrou daarop dat die "ooreenkoms" wat ek en hy met mekaar aangegaan het, geldig sou wees, of my saak sou versterk.

Reply to Onseker
Posted by: G-Dad | 2006/07/21

Nee daar bestaan nie so 'n wet nie, daar is wel faktore wat in ag geneem kan word, indien julle tradisioneel getroud is wat nie in die SA se wetgewing erken was nie dan is daar gronde, as julle gesaamentlik 'n huis of ander bates gekoop het kan daar slegs 'n verdeling van bates aansoek gebring word, as daar kinders is kan daar 'n onderhoud and toegangsregte aansoek geloodts word, enige -|- rakte geteken voor 'n huwelik staan solank daar getuies by was.

In jou geval twyfe ek sterk of enige hof hom die helfde sal gee of selfs 'n gedeelte, indien hy wel kwitansies hê wat bewys dat hy bedraes gemaak het to die huis verband of jou motor sal die howe dit wel in ag neem, my eerlike opienie, hy sal uitloop met wat hy ingekom het.

Ek hoop nie dat daar kinders in julle verhouding is nie.

Dit is beter om 'n prokureer te raadpleeg, maar nader die landros hof indien jy nie 'n prokureer kan bekostig nie, hulle sal help, dit is net 'n pynlike prosess, jy sal in 'n lang ry moet staan en wag met hordes ander mense wat in 'n soortgelyke situasie soos jy is.

Reply to G-Dad

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement