advertisement
Question
Posted by: Erika | 2011/05/05

Q.

Rustelose bene

Hi Dokter,

Ek is moedeloos. Ek het al vir 10 jaar rustelose bene en gebruik medikasie wat uityndelik werk: carbilef 250 mg.

Nou staak my GP dit want ek is drie weeke swanger. Ek word gek in die nag - niks werk nie. Asseblief, kan U my help?

Almal dink ek sit aan self my GP. Hy het my op tegratol gesit en gese as dit nie werk nie is daar niks ander nie. Tegratol het nie gewerk nie dit net erger gemaak . Asseblief en dankie

Expert's Reply

A.

Expert ImageSleep Expert

Ek stem saam dat Carbilev waarskynlik nie 'n goeie keuse tydens swangerskap is nie.

Rustelose bene het 'n noue verband met yster konsentrasie in die bloed, en tydens swangerskap daal dit tipies.

Ek sou eerstens voorstel dat u u yster inname heelwat vermeerder - selfs tot 3 pille per dag. Indien dit nie genoeg werk nie, kan u die GP vra om Rivotril (clonazepam) vir u te gee, beginnend met 0.5mg in die aand, en dit kan stadig vermeerder word na selfs 6mg toe. Die middel is waarskynlik heelwat veiliger vir die baba as Carbilev.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments
Posted by: WONDERDING | 2011/05/23

Ek gebruik venavine wat mens by dischem kan kry. ek weet nie of swanger vrouens dit mag gebruik nie, vra vir die apteker daar.

Reply to WONDERDING
Posted by: Erika Herbst | 2011/05/08

Baie dankie ek gaan die raad beslis volg

Reply to Erika Herbst

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement