advertisement
Question
Posted by: Swanger mammie | 2009/05/04

Rustelose bene

Hallo dokter

Ek is 35 weke swanger en alles verloop baie goed. Ek sukkel egter met ietsie wat my nou al ' n rukkie pla en vergeet elke keer om my ginekoloog te vra as ons daar is. In die aande as ek gaan lê  is my bene (veral die linker een) verskriklik rusteloos. Dit is so ' n kombinasie tussen my been van die knie af ondertoe wat so half lammerig is en voel en my voet se spiere wat " spring" . Met die gevolg ek kan nie my bene stilhou in die aand nie. Party aande is dit effe erger as ander kere en dit affekteer my so dat ek nie kan slaap nie. Wat kan dit wees en hoe raak ek ontslae daarvan want dit dryf my tot raserny! Dit help nie om my bene bietjie te rek en strek nie, rondloop en/of sit help ook net tot ek weer lê  dan begin dit maar weer. Al wat help daarvoor is om maar uit te hou tot ek aan die slaap uiteindelik. My bene en voete is nie vreeslik geswel van die swangerskap nie en ek het nie regtig baie gewig aangesit nie.

HELP!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Swanger Mammie
Babatjie lê waarskynlik of die aar toe of druk op die senuwee as jy lê. Kyk of op een sy lê (gewoonlik die L een) nie beter is nie, sit 'n kussing tussen jou kniee en een onder jou maag as jy lê. Laat dokter net kyk of jou ystervlakke hoog genoeg is en sorg dat jy genoeg water drink deur die dag (8 glase). Jy kan ook probeer om extra Kalsium, 100 IE vit E en foliensuur aanvulling te neem. Eet ietsie voor jy gaan slaap dat jou bloedsuiker nie laag is nie ( tee en 'n broodjie of 'n beskuit)
Mens kan ongelukkig nie medisyne daarvoor neem gedurende swangerskap nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Hannelie | 2009/06/09

EK IS 4 WEKE SWANGER EN WIL GRAAG WEET OF EK MAG GYM TERWYL EK SWANGER IS. WATTER OEFENINGE MOET EK LIEWERS VERMY. HET TOUSPRING, DRAF EN FIETSRY N INVLOED OP SWANGERSKAP. EK HET AL VOORHEEN N MISKRAAM GEHAD EN MAAR NET BANG IETS KAN VERKEERD GAAN.

Reply to Hannelie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement