advertisement
Question
Posted by: Eugene | 2011/07/26

RUQ pyn

Hallo dokter

Ek het so ''n rukkie terug vir jou geskryf oor die RUQ pyn wat ek kry op ''n daaglikse basis. Ek was by ''n maagspesialis gewees en het al my vorige toetse na hom gevat. Sonar van die buik was normaal en hy het ''n gastroskopie gedoen wat ook geen probleem opgewys het nie.

Hy het wel my lewertellings geneem en my biliburienvlakke was verhoog. ''n paar van die ander tellings was ook op. Hy het dit toegeskryf aan ''n vervetting van die lewer. (ek het ook Gilbert sindroom - baie vreemd want al die jare wat ek my lewer laat toets het was al my tellings altyd normaal....net die afgelope jaar of twee wat dit abnormaal was)

Die pyn het nie regtig beter geraak nie (meer soos ''n brandpyn en pyn in die skouerarea). Ek is toe terug na hom en hy het ''n radioisotoop flikkergram van die galblaas gedoen. Die toets het gewys dat daar geen akalkolesie cholesistietis (sp?) teenwoordig is nie, maar die galblaas ledig nie goed nie. Die verslag sê  die eerste uur van die toets ledig dit 51%, maar nadat ek geeet het het dit net 8% geledig. Die radioloog sê  dat kroniese inflammasie nie uitgeskakel kan word nie.

Na die toets het die maagspesialis my verwys na ''n chirugh, Hy was huiwerig om die galblaas te verwyder, en het gese dat ek bevispas vir ''n maand moet gebruik en dan sal hy dit oorweeg as dit nie beter is nie. Die bevispas help niks en die pyn is konstant daar elke dag tot ek gaan slaap. Die chirurg het my so bang gepraat en gese dat ek kroniese diareaa sal kry en gal reflux en hy kan nie waarborg die pyn sal verbeter nie.

So nodeloos om te sê  moet ek nou self besluit of die galblaas moet uit of nie. Ek voel nie dat ek medies gesproke self so ''n besluit kan maak nie, want dit wil my voorkom die dokters wil nie aanspreeklik gehou word as iets foutgaan nie. Intussen tyd is ek in pyn en ek gaan maar terug huisdokter toe om ''n pynmiddel te kry.

Het jy enige raad vir my?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Eugene

Dokters wil beslis slegs die beste vir 'n pasient doen. Daar is egter wel dokters wat meer konserwatief sal optree as ander. Verwydering van jou galblaas kan beslis jou pyn verlig, veral omdat dit swak ledig. Die ekstra drukking binne jou galblaas, veroorsaak strekking van die galblaas se kapsel en dit is baie ongemaklik en selfs seer.

Daar is wel komplikasies wat kan voorkom na die verwydering van jou galblaas, maar oor die algemeen is dit baie suksesvol.

Ek stel voor dat jy 'n tweede opinie by 'n algemene chirurg kry.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement