advertisement
Question
Posted by: Susan | 2011/02/25

Running ears

My ore jeuk/brand/steek aan die binnekant van die ore. Dit voel soos vloeistof wat in my ore afloop en dan kry ek bogenoemde simptome. Veral die regteroor. Dit duur al meer as 2 jaar. Ek vryf dan my ore om die gejeuk te neutraliseer. Vanaf 14 jarige ouderdom ondervind ek onverwagte steekpyne in my regerkantse oor (meer agter die oor, keel se kant). Ek was al by menigte dokters en hul skryf net oordruppels voor wat glad nie die probleem oplos nie. Help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Beste Susan

Ek stel voor jy sien 'n ONK, om die probleem oordentelik hok te slaan. Dit klink amper soos 'n buite-oor probleem (otitis externa), maar slegs 'n ondersoek kan dit bepaal. Deur die oor aanhoudend te krap, word die probleem net erger, aangesien die vel in die buite oorkanaal baie maklik seerkry, dit lei dan tot oorinfeksies wat die gejeuk, en natuurlik die pyn, net baie erger kan maak. In sommige gevalle is dit nodig om sels 'n kortisoon tipe salf aan te wend wat die hele kanaal vul om die prbleem op te klaar. Kyk ook gerus na die tipe sjampoe ,ens. wat u gebruik, aangesien sekere pasiente 'n allergiese reaksie op chemiese middels is sepe of rome mag toon. Wees dus baie versigtig met hierdie middels, en hou dit weg van die oorkanale tydens bv. hare was.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Susan | 2011/03/13

Jy was 120% in die kol! Ek was toe by ''n ONK. Presies wat hy toe vasgestel en aanbeveel het - Prof. Reynecke by Kuilsrivier Hospitaal - buite-oor probleem. A.g.v. die chemiese middels (soos chloor) in die sjampoe''s, haarsproei, ens het my ore nie meer was gevorm nie en was hul dus uiters geirriteerd en sensitief vir enige blootstelling. Na 1 behandeling van die Prof + advies (Betadine-, Elizabeth Ann of G11-sjampoe) en ''n kortisoonsalf, is my probleem basies iets van die verlede. Ek maak nou ook my ore toe voor ek gaan stort of bad. Wat ''n verligting!
BAIE dankie vir jou advies en leiding!!!

Reply to Susan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement