advertisement
Question
Posted by: maatjie | 2012/01/31

rumatiekvragie

Beste dokter,

Ek is n 63=jarige dame, oorgewig en n diabeet. Ek ondervind tans geweldige pyne in my linkerskouer, soveel so dat ek nie my arm kan oplig nie. Ek kry ook vreeslike krampe in my boude.

Ek is n staatspasient, en daar is onlangs plate geneem van my skouer. My dokter het gese daar wys geen foute nie, slegs dat ek osteo-artheritis in erge graad het. Sy het ook gese ek moet gewig verloor vir die krampe in my boude.

Ek wil graag weet wat die verskil is tussen osteo-artheritis en rumatiek, en wat die behandeling daarvoor is.

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Maatjie

Osteo-artritis is veroudering van die gewrigte en rumatiek verwys na rumatoiede artritis. Osteo-artritis van die skouer kan baie pynlik wees. Vra jou dokter om jou na 'n fisioterapeut en arbeidsterapeut te verwys. Coxflam oplosbare tablette kan in die oggend geneem word om pynverligting deur die dag te bring. Pasop vir te veel pynpille, aangesien jy 'n maagseer kan ontwikkel.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement