advertisement
Question
Posted by: Griet | 2008/10/15

Q.

Rumatiek

Hi Doc
My man (49) is gediagnoseer met erge rumatiek, veral in die regterhand en voet. Hy het vreeslik pyn en kan byna nie sy hand gebruik nie. Ek het vir hom Athrochoice pille gekry wat hy nou sowat ' n maand drink, en het begin om vir hom 1000mg Kalsium bruistablette te gee, sal dit help? Ek lees ook op die net dat hy knoffel en rissies moet eet(waarvoor hy baie lief is) en ek wil weet of dit sal help? Die GP het vir hom pille voorgeskryf wat hy een maal per week moet drink, maar dit lyk nie of dit enigsins help nie. al wat werklik help is wanneer ek vir hom kortisoon behandeling (Panafcort) gee vir ' n dag, dan is dit weer beter vir so dag of twee. Watter raad kan u vir my gee? Groetnis

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Hallo Griet
Mens moet die diagnose net eers bevestig - is dit osteoarthrose, of rheumatoide arthritis of agv Jig? Miskien moet hy 'n rheumatoloog sien sodat hulle die oorsaak kan behandel. Chroniese anti-inflammatoriese en kortisoon gebruik kan newe effekte hê - gastritis, maagsere, edeem, bynieronderdrukking, hoë bloeddruk en doen niks aan die verloop van die siekte nie - dit verlig net pyn. ( En hy's nog jonk!)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Jessica | 2014/10/08

Hallo Dr Ek is tans op Panafcort 5 mg ek het 75 tablette gekry wat ek in 'n maand moet klaar drink. Ek wil net weet wat is die newe effekte sal dit my laat gewig optel en kan ek dit net los of moet ek die pille eers klaar drink. Ek het nog net 5 pille gedrink sover moet 5 'n dag drink vir 5 dae en dan weer 4 vir 5 dae en so elke 5de dag een pil minder drink sal dit iets aan my doen in die maand se tyd BAie Dankie

Reply to Jessica
Posted by: Marié  | 2009/01/12

Hallo Dokter

Ek en my man wil graag weer swanger raak. Ek gebruik Athro Choice en sien op die houertjie dat mens jou doktor moet raadpleeg as jy die produk wil gebruik en jy wil probeer swanger raak. Is Athro Choice veilig om te gebruik tydens swangerskap?
Dankie.

Reply to Mari&#233 

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement