advertisement
Question
Posted by: MPC | 2011/03/24

Rumajoid Artritis

Middag dokter,

My ma is in Desember 2010 oornag gediagnoseer met rumajoid arthritis, dit is nag vir ons. Dit het haar net ewe skielik getref, dit is nou die afgelope paar weke baie erg party dae kan sy glad nie eers loop nie. Die behandeling waarop sy was/is lyk nie of dit enige verskil maak nie. My ma kan glad nie eers meer in die aande slaap nie, kortisoon is eintlik al wat gehelp het maar sy sal dit nie meer verder kan drink nie, want dit gaan dit eintlik maar op die lang duur net erger maak.

Sy was tot op Celebrex maar dit akkordeer ook nie met haar nie. Die apteker het aanbeveel dat sy Devil Claw gebruik en die FS Joint Formula.

Die arthritis was eers net in haar kniee maar dit is besig om na haar gewrigte toe ook te gaan, het dokter enige raad asb? My ma is nog so jonk en dit is erg om haar so te sien met die pyn sy was eens so aktief en nou kan sy niks doen nie dit maak my bang. My ma is 47.

Is dit oorerflik???

ASB dokter enige raad sal wardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo MPC
Jou ma moet asb 'n rheumatoloog sien. Vra jou huisdokter om haar te verwys. Rheumatoid arthritis is 'n auto-immuun siekte (daar is antiligaampies wat haar gewrigte aanval) Lees meer op http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmedhealth/PMH0001467/
Immuun onderdrukkende medisyne beskerm die gewrigte teen permanente beskadiging en kortisoon word algemeen vir akute simptome gebruik - dit sal nie die toestand vererger nie.
Daar is egter ander toestande wat ook gewrigspyne en swelling kan veroorsaak soos Osteo arthritis, gout, sero negatiewe artritis en die behandeling verskil, so dit is eerstens noodsaaklik dat 'n rheumatoloog die diagnose van RA bevestig. Devil claw en FS joint formula gaan nie vir Rheumatoide artritis help nie.
Dis nie regtig "oorerflik" nie maar as jou ma of pa dit gekry het is jou kanse om dit te kry verhoog.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/03/24

Hallo MPC
Jou ma moet asb 'n rheumatoloog sien. Vra jou huisdokter om haar te verwys. Rheumatoid arthritis is 'n auto-immuun siekte (daar is antiligaampies wat haar gewrigte aanval) Lees meer op http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmedhealth/PMH0001467/
Immuun onderdrukkende medisyne beskerm die gewrigte teen permanente beskadiging en kortisoon word algemeen vir akute simptome gebruik - dit sal nie die toestand vererger nie.
Daar is egter ander toestande wat ook gewrigspyne en swelling kan veroorsaak soos Osteo arthritis, gout, sero negatiewe artritis en die behandeling verskil, so dit is eerstens noodsaaklik dat 'n rheumatoloog die diagnose van RA bevestig. Devil claw en FS joint formula gaan nie vir Rheumatoide artritis help nie.
Dis nie regtig "oorerflik" nie maar as jou ma of pa dit gekry het is jou kanse om dit te kry verhoog.

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement