advertisement
Question
Posted by: Bronwen | 2012/02/16

Rugpyn / IBS / opgeblase / ongemak.

Ek wil net graag weet, is dit normaal om erge rugpyn te kry as gevolg van prikkerlbare derm sindroom. As my derm nie goed geledig is nie, dan het ek die allerverskiklikste rugpyn. Dit raak so ongemaklik dat ek nie eens ''n behoorlike nagrus inkry nie. Ek gaan elke 5 jaar vir ''n kolonoskopie en gastroskopie en was nog altyd normaal, maar die dr sê  ek het erge " IBS" . Ek sukkel met konstipasie en drink elke dag ''n Natrelax (aalwyn) wat weer veroorsaak dat my stoelgang altyd waterrig is. Ek neem ook elke dag ''n Probiflora 4 net om alles weer terug te sit wat verlore gaan. Ek is al so moet hiervan. As dit nie rugpyn is nie, is ek opgeblaas en voel so ongemaklik op my maag. Is daar enigiets wat ek kan neem om net weer vir ''n slag normaal te voel?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bronwen

Hardlywigheid is baie ongemaklik en kan pyn na jou laerug verwys. Ek stel voor dat jy liewer Movicol op 'n gereelde basis gebruik, in stede van die Natrelex wat verdere irritasie kan veroorsaak. Movicol is 'n lakseermiddel en is veilig om langtermyn te gebruik.

Jy kan ook jou dokter konsulteer en hom vra oor behandeling met Phenobarbital 25mg, saans. Hierdie produk werk in op die senuwee wat die derm voorsien en op so 'n manier kan dit verligting bring.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement