advertisement
Question
Posted by: elsabe | 2009-07-22

rugpyn

Posted by: Elsabe | 22/7/2009
Subject: RE: Rugpyn/pleuritis/costochondritis
Posted by: Elsabè  | 22/7/2009
Hallo Dr.
Ek weet nie waar om te begin nie. Ek het hierdie erge rugpyn aan die regterkant oor my rug tot in die skouer gekry so 2 jaar terug. Na balans probleme het die dr '  n sonar gevat en gevind dat ek '  n groot galsteen het. Ek is geopereer en die galblaas is verwyder. Maar die pyn gaan nie weg nie, Inteendeel dit word erger. Ek het al sonars gedoen, plate van my rug geneem en volgens die dr is daar niks fout nie. "  Wil amper voorkom of hy dink daar skort iets met my kop!"  Die pyn is in my laer rug oor my lewer asook oor die regterkantse nier. Moet by sê  sukkel om my blaas te beheer. Moet elke half uur toilet toe gaan en kan glad nie knyp nie. Ek is radeloss. aangesien ek baie gesond is, miskien '  n bietjie oorgewig maar glad nie sieklik nie. Asgevolg van die balans probleem het ek 1 en '  n half jaar gelede my enkel gebreek. Die pyn is besig om my onder te kry. Kan ook nie slaap snags nie want ek kan nie op my sye lê  nie net op my rug die pyn is ondraaglik en dan moet ek pyn stillers drink wat ek glad nie van hou nie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elsabe
Het jy al 'n ortopeed gesien? Soms kan mens nie 'n "slipped disc" op 'n x/straal sien nie maar net op 'n MRI. Pyn in jou lae rug plus blaasbeheer probleme kan agv drukking op 'n senuwee wees. Die blaas probleme en pyn oor die regter nier kan ook van infeksie wees - is jou urine getoets en is dit skoon? Kry jy dikwels blaasinfeksies?

Waar jy seer het sit jou niere, jou lewer, jou galblaas. Verwysde pyn van jou ruggraat, spiere, pankreas en maag en dunderm kan ook daar wees.

Baie keer is om die oorsaak van 'n probleem te soek soos om 'n groot legkaart te bou - mens moet baie keer net aanhou tot jy die prentjie begin sien!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement