advertisement
Question
Posted by: Herika | 2008/11/29

Rug pyn en nog pyn

Dr, Ek sukkel al sedert 2002 met my rug. Na disektomie, fisie, radio frekwensie en faset blok, pyn my rug baie. Ek het lae rug pyn, om en by L3/L4 en L4./L5 vlak. Ek het ook kwaai pyn tussen my blaaie. My hele buik wand pyn. Dit voel of die pyn in my heupe is en ook soms in my bo bene. As ek baie sit het ek HEL met my rug. Ek kan ook nie lank staan nie, dan is die pyn in my heupe ontsettend erg, soms pyn my rug, heupe en bene so erg dat ek amper nie kan loop nie, dan pyn my knie ook. Wat kan ek doen of wat kan dit wees???

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Herika

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Wat jy beskryf is chroniese pyn sindroom as gevolg van neurogene irritasie. Jy sal 'n neurochirurg moet konsulteer, sodat 'n plan geformuleer kan word om jou pyn te beheer. Daar behoort 'n span spesialiste betrokke te wees, bv. 'n ortopeet, 'n fisioterapeut, 'n arbeidsterapeut, asook 'n pyn spesialis.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement