advertisement
Question
Posted by: RK | 2009/01/22

Rug probleme en dooie hande en voet

Ek het my rugwerwels (9,10 en 11) gebreek in ' n motor ongeluk in 2006. Die dokters het dit eers agtergekom 6 maande later nadat ek aanhou kla het van erge pyn. Daar was geen behandeling toegepas nie en ek loop nogsteeds met die pyn. Intussen het die pyn van so ' n aard geword dat ek nie meer lank kan sit of le nie. Die pyn ' loop'  af na my linker heup soos kokende olie, af na my knie en my voet. My linker voet is permanent ' dood'  met die naalde en spelde gevoel, so ook by bo-been. Beide my hande het die naalde en spelde gevoel en kan niks optel nie, of ek laat dit val. Dit laat my lomp voorkom in die openbaar. Die ergste pyn wat ek egter het is in my linker skouer. Ek is slegs 41 jr oud en het pyne van ' n tannie van 90.
Ek kan nie heeldag loop en kla nie, aangesien ek nie ' n medies het nie en op ' n klein afgelee dorp bly waar geen hospitaal is nie. Is daar ' n medikasie wat ek kan neem wat my kan help, aangesien ek nie meer kan slaap a.g.v. die pyn nie. Ek bly op Piet Retiet.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo RK
Jy moet 'n ortopeed sien, laat jou dokter jou verwys na die naaste akademiese hospitaal - die tekens in jou been en hande is 'n aanduiding dat die senuwees erg vasgeknyp word, mens kan naderhand funksie van die ledemaat verloor, dat die been sommer meegee onder jou of dat jy nie kan goed vashou nie. Wat is jou naaste groot provinsiale hospitaal?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement