advertisement
Question
Posted by: Nico van Rooyen | 2012-03-10

Rug Probleme

Goeiemiddag.Ek is 29 jaar oud.Wie kan ek raadpleeg oor raad met my rug?Ek was vir n MRI en die spesialis se dat die kussentjies tussen T4-T5 en T5-S1 is besig om te disintergreer.Die spesialis se dat daar op die oombliek niks is wat hy vir my kan doen nie.Moet net my rug oppas.Ek het nie n probleem met dit nie.Waarmee ek wel n probleem het is dat my rug seer bly.Hy is veral seer in die oggend.Word bietjie beter deur die dag.Op die oomblik is ek op Panamor en Tramaset.Moet ek dalk vir n 2de opinie gaan?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nico

Panamor kan 'n maagseer veroorsaak en daarom stel ek voor dat jy slegs die Tramacet gebruik. Vra jou dokter vir 'n voorskrif vir Tramalhexal of 'n nuwe produk soos Jurnista om die pyn te verlig. Indien die dokter voorstel dat jy 'n produk soos Panamor moet gebruik, sal jy hom/haar moet vra vir 'n voorskrif vir Topzole om 'n gastriese maagseer te voorkom.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Helena Blom | 2016-07-27

My suster sukkel al vir 4 maande met chroniese rugpyn. Plate is geneem & dr het gesê dit is artritis. Pyn het so erg geraak dat sy begin opgooi het. Sonar is gedoen & daar is glo infeksie in haar rug. Maar nou brand haar maag - seker nou 'n maagseer van al die pynpille wat sy gedrink het. Sy kan niks binne hou nie, nie eers die sterk antibiotika wat vir haar rug se infeksie voorgeskryf is nie. Nou wat nou?????

Reply to Helena Blom
Posted by: Leonora van Biljon | 2012-04-25

My seun is 13 jaar oud en kan sedert hy ''n kind was, nie met sy bene reguit staan nie. Dit wil voorkom of nie spier agter in sy bene te " kort"  is. As hy regop staan is sy knieë  altyd gebuig en hy lyk heeltamal uit proporsie. Hy kan dit forseer om die been reguit te maak, maar hy sê  dit is soms te seer. Iemand het gesê  dat dit ''n teken kan wees van iets wat verkeerd is met sy rugwerwels. My skoonma se kant van die familie is " vrot"  van rugprobleme en boggelrue. Is dit maar beter om hom te neem om ''n dokter te sien of kan dit net ''n slegte gewoonte ook wees?

Reply to Leonora van Biljon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement