advertisement
Question
Posted by: Keysha | 2008/09/18

Rug

Hello doc,
Ek 24 weeg 94, is baie oorgewig en dok het laas vir my gese ek moet ' n lae GI dieet volg saam met my Xenical wat ek drink. Ek wil graag weet wat dok se opinie is, Xenical se website se ek moet die pil ' n uur na ete drink en my dokter se dis te lank ek moet hom drink voor ek eet. Wanneer moet ek dit nou drink want ek is nie heeltemal seker nie?

Ek eet meeste van die tyd die lite hoender wat in bokse kom saam met Mccain se spinasie en saam dit beet of sweetcorn. As ek nie dit eet nie, eet ek minute steaks met ' n aartappal of slaai. Ek drink net bonaqua still flavoured water wat geen vet bevat nie. Geen gas koeldrank nie. Naweke as ek bietjie kuier drink ek sap saam my drankie(vodka). Klink dit alles reg?

Ek het rugprobleme, watter oefening kan ek doen wat nie my rug gaan seerder maak nie? Ek het al tou probeer spring maar my rug kry te seer, so ook met situps, draf ens. Dit voel of daar iets in my rug vassteek en as ek asem haal of my bolyf kant toe swaai steek dit. Ek het gedink aan die electovibe waar alles skud. Watter oefing gaan beter wees vir my? Ek verstaan as ek nie oefen nie gaan ek nie verloor nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Vanessa
Ek dink jy moet jou dr se aanbevelings volg. Die dieet wat jy beskryf, gaan baie vervelig raak en ek is nie seker of jou vet-inname laag genoeg is vir die Xenical. Jy sal dit wel agterkom want as iemand wat Xenical gebruik te veel vet inneem dan kan daar 'glipse' gebeur. Wat die oefening aanbetref, wonder ek of jy dalk kan swem? Swem is ook 'n aërobiese oefening wat mens elke dag vir 30 tot 60 min kan doen om gewigsverlies aan te help. Ek dink jy moet by die dr seker maak of jy wel met jou rugprobleem kan swem, al dan nie. Die Electrovibe kan moontlik skade aan jou rug doen.
Sterkte met die program
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Bambi | 2008/09/19

Hello Keysha. Dis wonderlik dat jy jou lewe terug wat. Sterkte....

Ek wil net vir jou se dat flavoured water baie kj' s het en nie die selfde waarde vir die liggaam het as water nie. Ek het baie seltzer gedrink tot ek die nutritional info gelees het...dis asof ' n mens koeldrank drink. Die Mccain hoender kan dieselfde want ek het oorspronklik 2 van die 4 country fair se chicken steaklets geeet en die kj' s per steaklet is 794kj' s (so ek het 1588kj' s geeet) maar die vet was baie hoog op 11.2 g (22.4g geeet).

So, lees die kj' s en vet van alles wat jy eet voor jy dit koop...pos asb die kj' s, vet van die Mccain hoender per 100g en se vir my hoe veel g die hele boksie is?

Reply to Bambi

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement