advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009-07-03

Rottweiler op hitte

My rottweiler tefie is nou skaars 6 maande oud en blykbaar op hitte. My rottweiler reun is nou een en ' n half jaar oud en kan haar nie uitlos nie. Ons wil hê  dat hy haar later moet dek, maar sy is vir my op hierdie stadium nog te klein om kleintjies te kry. Sy het 3 dae gelede op hitte gekom en ons probeer maar hard om hulle van mekaar af te hou. Wanneer is die beste tyd dat sy kan kleintjies kry en hoe lank gaan sy nog op hitte bly. Elke hoeveel maande gaan sy op hitte kom?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dear Anon

Elke 6 maande op hitte, +- 2 weke. Beste om ouer as 'n jaar te teel maar ek moet ongelukkig saamstem en jou afraai om te teel. Daar word te veel honde elke dag uitgesit wat niemand wil he nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Len | 2009-07-12

Om honde te teel verg meer as net om 2 honde te laat paar. Dis baie meer wentenskaplik as wat mense dink. Die Boerboel is nou baie in " fashion"  maar ongelukkig is daar te veel " backyard"  teelers wat nie weet wat hulle doen nie en dus sit baie Boerboel eienaars met honde wat swak tempremente het, en dit is besig om die Boerboel n slegte naam te gee. Baie van hierdie honde is onnodig agressief, baie is onstabiel van geaardheid en kan nie vertrou word nie. Dit is baie jammer maar onkundige " backyard breeders"  is veantwoordelik daarvoor. Wees baie versigtig en kry deskundige advies voordat jy n " teeler"  word.

Reply to Len
Posted by: Chill | 2009-07-07

Ek stem saam - dis ' n vrot idee. Buiten die feit dat jy klaarblyklik geen kennis of ervaring het nie, is daar geen waarborg dat die betrokke honde van so ' n gehalte is dat hulle gesonde, kwaliteits nageslag sou produseer. Het jy bv ooit gedink dis ' n idee om hulle heupe te laat x-ray?

Reply to Chill
Posted by: Anonymous | 2009-07-06

Vir wat wil julle " teel"  met die honde? Om twee diere te laar paar is nie TEEL nie, dis back-yard breeding. Gaan kyk bietjie by die SPCA hoeveel diere is mee ge" teel" .

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement